Tutu weerlê fop-doodsberigte

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het mediaberigte wat beweer dat hy oorlede is tydens ʼn besoek aan Amerika as fopnuus afgekam.

“Fopnuus doen vandag [Sondag] die ronde dat emeritus aartsbiskop Tutu in Amerika oorlede is,” het sy kantoor in ʼn kort verklaring gesê.

Die verklaring lui voorts dat Tutu en sy vrou, Leah Tutu, albei gesond en gelukkig by hul huis in die Wes-Kaap is.

Maroela Media het in Oktober 2016 berig Tutu het gesê genadedood laat mense toe om die wêreld met waardigheid te verlaat. Wanneer hy eendag op sy sterfbed lê, wil hy dus nié tot elke prys aan die lewe gehou word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Oom Kalahari ·

Nou wie is sodanig verantwoordelik vir hierdie tipe van fopnuus? Die enigste is om dit anders te bewys os om die Eerwaarde Tutu op televisie te laat verskyn en homself aankondig dat hy gesond is en dit as ongegronde nuus beskryf kan word. Daar is altyd ‘n spreker namens die familie wat nie altyd openlik is nie en die publiek van werklike omstandighede weerhou. Daarom is dit altyd beter om dit die nek in te slaan en dit bewys.

Ellisras ·

Wie is die beroemde ou wat gesê het : die berigte van my dood is baie oordrewe.

Stephen Namibia ·

Amerikaanse humoris Sameul Clemens oftewel “Mark Twain” het gese “Reports of my death are greatly exaggerated”

Gerrit ·

Ek dink as hierdie ou doodgaan kry hy n staatsbegrafnis in elke provinsie en.minstens 2 vakansie dae.??

Blommetjie ·

Hier kom nog ‘n staatsbegrafnis op JOU en MY rekening .. vandag is dit fopnuus, oor ‘n maand is dit REGTE nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.