Tuynhuys ontruim oor rook

Foto: Raymond Ellis/Wikimedia

Foto: Raymond Ellis/Wikimedia

Tuynhuys, president Jacob Zuma se kantore by die parlement in Kaapstad, moes Maandagoggend vir ‘n kort rukkie ontruim word.

“Die presidensie het vanoggend inligting ontvang dat daar rook uit een van die kantore by Tuynhuys geborrel het,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ‘n verklaring gesê.

“Die nooddienste het ondersoek ingestel en sê die rook is deur ‘n elektriese fout veroorsaak.”

Maharaj sê daar is geen skade aan die gebou aangerig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.