TV-boer weer in hof oor ‘bedrog’

Toanette Els. (Foto: Verskaf deur kykNET)

Toanette Els. (Foto: Verskaf deur kykNET)

Toanette Els, ʼn 23-jarige wildboer van Modimolle in Limpopo, het Woensdag vlugtig in die plaaslike landdroshof op aanklag van bedrog verskyn.

Els, wat vroeër vanjaar aangewys is as een van die top-tien boere wat deelgeneem het aan die jongste seisoen van die kykNET-realiteitsreeks Boer soek ʼn vrou, is op 20 Julie in hegtenis geneem.

Sy het dieselfde dag in die Modimolle-landdroshof verskyn en is op borgtog vrygelaat.

“Daar word beweer dat die vrou ʼn veldwagterskursus op Facebook geadverteer het,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, vroeër aan Maroela Media gesê. “Die klaer het glo R10 000 in ʼn bankrekening gedeponeer vir dié kursus, waarna die beskuldigde die kursus gekanselleer het. Die klaer het ʼn terugbetaling geëis van die beskuldigde en sy het onderneem om dit terug te betaal. Dié terugbetaling is glo nie gemaak nie en die klaer het ʼn saak van bedrog teen die beskuldigde aanhangig gemaak.”

Alicia Viljoen is Els se regsverteenwoordiger.

Wilmer Muller, reklamebeampte vir die Boer soek ʼn vrou-reeks, het aan Maroela Media bevestig dat Els steeds ʼn deelnemer aan dié reeks sal wees.

Boer soek ’n vrou is sedert Februarie in produksie en die episodes word geruime tyd voordat dit op lug verskyn geskiet. Els is ook reeds in April as een van die tien top-deelnemers geïdentifiseer,” het Muller gesê.

“Die kanaal neem kennis van die aantygings teen Els en respekteer die regsproses wat dit tot gevolg het,” het hy bygevoeg.

Die saak is uitgestel tot 14 September. “Die beskuldigde is met ʼn waarskuwing vrygelaat en is ook gewaarsku om nie met staatsgetuies kontak te maak nie,” het Mojapelo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

ai jai jai 2 ·

Jy gaan jou vingerstjies brand met daai “kursus”

Anoniem ·

Toanette staan sterk, stel Jou kant van die storie ! Laat die reg sy loop neem en ons hoop die klaer trek jou saak terug ! Ja ek kan dink dat dit ‘n interessante kursus is vir min GELD ! Bêre dit agter Jou en geniet die Program ‘Boer soek ‘n Vrou Sterkte !

Anoniem ·

Toanette staan sterk, stel Jou kant van die storie ! Laat die reg sy loop neem en ons hoop die klaer trek jou saak terug ! Ja ek kan dink dat dit ‘n interessante kursus is vir min GELD ! Bêre dit agter Jou en geniet die Program ‘Boer soek ‘n Vrou’ Sterkte !

Agnee ·

ag DIT IS SO BORING kan julle haar nie maar net uitlos en wag tot die hofuitslag bekend is nie? Hoekom moet sy nou heen en weer deur die modder gesleep woord oor kursusgeld .. ?

Poot ·

@Agnee
Bedrog is bedrog. Dis krimineel van aard (Sou sy skuldig bevind word). Mens kan seker nie wag tot iemand sy/haar faam klaar gesoek of gekry het op tv voordat jy jou saak maak nie.

Cherokee ·

Ek kan aan maniere dink waarop dit kon gebeur het sonder om werklik (opsetlike) bedrog te wees.

marous ·

Sy is op borg vrygelaat en nou is sy op waarskuwing? Is die borg dan terugbetaal ?

JOHAN ·

Na al die kommentaar in die vorige berig lyk dit eerder na ‘n siviele aangeleentheid en geensins na bedrog nie. Dit is jammer hoeveel mense hulle verlustig in ander se verleentheid.
Ek is seker die ou bedreggie sou al lankal betaal gewees het as die regte procedure gevolg was.
Lees gerus die vorige kommentaar van mense wat weet.
As julle haar naam kan publiseer, kan julle ook die klaer se naam publiseer. Ons sien uit daarna. Of is julle bang?

Shaun ·

Klink vir my ook dis n siviele aangeleentheid . Opset ? Daar moet opset bewys word alvorens sy skuldig aan bedrog is . Sy het immers onderneem om die geld terug te betaal . Klink my sy skuld die klaagster geld . Dis al . Toanette ons sal jou saak Pro Bono doen .

Arizona ·

So sy het die kursus geadverteer, geld daarvoor ontvang en toe kanseleer sy die kursus. Sal graag wil weet wat is haar verskoning hoekom sy nog nie die geld terug betaal het aan die klaer nie.

JOHAN ·

Ek sou ook nie betaal het as daar skielik ‘n klag van bedrog is nie. Dit is skuld erkenning op bedrog. Genoeg mense het aangebied om the help betaal as dit dan regtig die enigte oorweging was.
Ek wil weer vra waarom Maroela Media nie die klaers bekend maak. As julle die meisie se besonderhede kan bekend maak en haar in die verleentheid stel, sonder om te se wie kla, dan is julle bonafides ook onder verdenking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.