TV-evangelis hoor oor borgtog

Argieffoto

Uitspraak is Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof gelewer in die borgtogaansoek van die Nigeriese pastoor wat van mensehandel en die seksuele misbruik van nagenoeg 30 meisies in Suid-Afrika beskuldig word.

Maroela Media het vroeër berig dié omstrede pastoor (58), wat op 20 April in hegtenis geneem is vir mensehandel, het glo kerke in Port Elizabeth, Kaapstad, Johannesburg en die Verenigde Koninkryk bestuur, en het na bewering meer as 30 meisies en vroue van verskeie takke van dié kerke na ʼn huis in Umhlanga, KwaZulu-Natal, vervoer waar hy hulle glo seksueel misbruik het. Hy staar nagenoeg 22 klagte van mensehandel en seksuele misbruik in die gesig.

Die hof het bevind dat die pastoor geen bande in Suid-Afrika het nie en waarskynlik sou vlug as hy op borgtog vrygelaat word, waarna landdros Thandeka Mashiyi sy aansoek geweier het.

Mashiyi het in haar uitspraak gesê die pastoor word van ernstige oortredings aangekla en sou hy skuldig bevind word, sal hy lewenslank tronkstraf kry.

Sy het gesê dit is duidelik dat die staat prima facie-bewyse het wat die pastoor by die misdrywe impliseer.

Die saak is tot 21 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Die pastoor se naam word weerhou tot hy in die hof gepleit het.

Lees die vorige berigte oor die TV-evangelis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johanna Botha ·

Het hy al n paspoort of dokumente gekry intussen on in SA te mag wees …of is hy ook nog n spook wat kan maak wat hy wil in SA ?

Adam ·

Ek weet ek sal gekruisig word, maar een ding is so seker as dat die son elke dag opkom en dit is dat as jy die woord “pastoor” hoor, jou moeilkheid nader aan jou is as wat jou hemp aan jou lyf is.

Richie ·

Adam jy sal nie gekruisig word nie..miskien “vermoor..gehighjack..wreed gemartel word..kanse van verkragting is sterk..kan aan sommer n klomp ander wandade dink,maar helaas is jy korrek. Omtrent alle skelms kruip agter die “dekmantel” weg..ons no 1 is ń : ere pastoor” van n gesiende kerk in SA..hoe jy kwalifiseer daarvoor sal ek nou self nie kan sê nie..maar dis feite…en soos die ANC se uitspraak nourie dag dat hulle sal regeer tot die Here kom..nogal nê..die mense is so verlei deur al die goed dat hulle God as n grap misbruik en vir politiese punte..ek troos my daaraan dat my God nie met Hom sal laat mors nie…die horlosie tik , en elke minuut wat verbygaan bring jou nader aan die kniebuig..

sug ·

Adam ek voel soms ook so, maar dit is soos met 99% van alle gevalle, net ‘n paar vrot appels wat die hele boerdery ‘n slegte naam gee. Daar is gevalle wat die boerdery vrot is, soos die regering, SP en sy trawante

Lynette ·

Adam Ek stem 100% saam met jou – loop baie lugtig vir iemand wat met die bybel onder die arm loop…iemand wat met jou wil besigheid doen en eers goed laat “deurskemer” dat hy ‘n gelowige is, moet die rooi lig dadelik by jou laat flikker – dan praat ons nie eens v al die seksuele misdrywe van bv Katolieke priesters, ens. nie.

Koos ·

Jy kon dit nie beter stel nie Lynette. Maar as die skapies eers gebreinspoel is,is daar geen einde aan die onnooslikheid nie. Dit is asof hul smeek om uit hul geld verneuk te word en aan hul neus gelei te word. Van die walglikheid van die preisters wil ek eers nie praat ie -en hul loop skotvry rond!Daarom is die Ogod saak so belangrik om kinders van die euwels en denkwyse weg te hou.

Scalla ·

Die pastoor se beradering en sy bedrading het deur mekaar geraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.