TV-evangelis vra wéér borgtog

Argieffoto

Die Nigeriese pastoor wat van mensehandel en die seksuele misbruik van nagenoeg 30 meisies in Suid-Afrika beskuldig word, sal na verwagting Dinsdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof om borgtog aansoek doen omdat daar glo nuwe inligting aan die lig gekom het.

Die pastoor het nou regsverteenwoordigers van Mcloughlin Porter in Vereeniging aangestel. Sy naam word weerhou tot hy in die hof gepleit het.

Maroela Media het vroeër berig dié omstrede pastoor (58), wat op 20 April in hegtenis geneem is op aanklagte van mensehandel, het glo kerke in Port Elizabeth, Kaapstad, Johannesburg en die Verenigde Koninkryk bestuur, en het na bewering meer as 30 meisies en vroue van verskeie takke van dié kerke na ʼn huis in Umhlanga, KwaZulu-Natal, geneem waar hy hulle glo seksueel misbruik het.

Hy staar nagenoeg 22 klagte van mensehandel en seksuele misbruik in die gesig.

Sy aansoek om borgtog is verlede maand geweier toe landdros Thandeka Mashiyi bevind het hy is ʼn vlugrisiko en sou waarskynlik  met staatsgetuies inmeng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Hoe naief is ons nie soms oor die realiteit van wat om.ons aangaan nie? Vals Profete spreek en pleeg hulle valsheid en leuns in die openbaar en gelowiges sit terug en beskou dit met n stom hart!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.