TV-evangelis was onwettig in Suid-Afrika, hoor hof

Argieffoto

Die Nigeriese pastoor wat van mensehandel en die seksuele misbruik van nagenoeg 30 meisies beskuldig word, was glo onwettig in Suid-Afrika.

Maroela Media het vroeër berig dié omstrede pastoor (58), wat op 20 April in hegtenis geneem is vir mensehandel, het glo kerke in Port Elizabeth, Kaapstad, Johannesburg en die Verenigde Koninkryk bestuur, en het na bewering meer as 30 meisies en vroue van verskeie takke van dié kerke na ʼn huis in Umhlanga, KwaZulu-Natal, vervoer waar hy hulle glo seksueel misbruik het.

Hy staar nagenoeg 22 klagte van mensehandel en seksuele misbruik in die gesig.

Hy het vroeër gesê hy het “selfmoord-gedagtes” omdat hy dag ná dag in aanhouding moet sit in afwagting op die uitspraak van sy borgtogaansoek.

Adv. Alfonso Hattingh, vir die verdediging, het ʼn verklaring van die pastoor voorgelees waarin hy beweer hy is getraumatiseerd deur die gebeure wat sy inhegtenisneming by die lughawe op 20 April voorafgegaan het.

Die hof het egter Vrydag weer van Ivan Klaasen, ʼn senior immigrasiebeampte, gehoor dat die pastoor nagenoeg ses paspoorte gehad het, en nié net vier soos die hof voorheen geglo het nie.

Alfonso Hattingh, die pastoor se regsverteenwoordiger, het gesê die pastoor het ál die wetlike roetes gevolg om dié paspoorte te bekom.

Die hof het egter deeglike bewyse van die valke-taakspan gekry wat wys dat minstens een van dié paspoorte onwettig bekom is.

Die borgtogverhoor is tot 23 Mei uitgestel. Die pastoor se naam word weerhou tot hy in die hof gepleit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marisa ·

Die wêreld is ‘n SIEK plek. Dank Vader ek is sekerlik nie meer baie lange jare hier nie.

Johann ·

Marisa ou is nie so negatief nie, geniet die lewe wat die liewe Heer jou gee. Vir my net ‘n knelpunt hoe de joos kom die mense onwettig die land binne

humor ·

Marisa dit is baie waar die wereld is inderdaad n baie siek plek. Dit is egter nie nuut nie. Baie lank gelede het die gebeure rondom die kruis dit al bevestig. Gelukkig is daar n antwoord daarvoor.

Jessica ·

Hierdie pastoor het verseker nie kwalifikasie om n pastoor te wees nie en is verseker nie n Christen. Valse profeet.

Maya Roon Joubert ·

Net sy Hemelse Vader kan die man beboet! Hoe durf hy? Met die duiwel op sy skouer en Bybel onder die arm homself nog als jammer kry!? Laat hom sit tot sy laaste dae op aarde.. Onse Vader sal van daar hom verder teregstel!

Naam ·

Maroela, ek sou sy benaming in aanhalingstekens plaas want hy is die naam nie werd. Intussen moet hy maar sit waar hy nou is want hy is ook ‘n vlugrisiko.

ken benoni ·

Die tyd wat hy in aanhouding is voor parool is goeie terapie vir sulke mense.

Riaan Myburgh ·

Dis die Nigeriërs se geldwas skema. Verkoop dwelms en sê dan die geld is bydraes uit die gemeente.

Jef ·

Hoekom het die 30 meisies met die pastoor saam gegaan, hulle moet mos weet dat iets nie pluis is nie, nee wat hier sit meer agter.

Sarie ·

Ek is al baie jare oppi aarde, & is dit eens dat dit rof gaan in ons land. Alles het makliker, vinniger & meer toeganklik geword; & dit maak dit makliker vir misdadigers om hul waaghalsige moord & rooftogte uit te voer. Hulle het wagte met selfone wat hulle waarsku wanneer gevaar dreig… Netso word hulle deur huishulpe van fotos voorsien met die uitleg & inhoud van ‘n woning, sodat hulle as’t ware vooraf kan besluit of dit die moeite werd sal wees om daar in te breek. Ek verkies om self my huiswerk te doen, want bejaardes word geteiken. Ek probeer dus om myself veilig te hou… Die pyne in my liggaam is soms onuithoudbaar, maar dan vat ek eers ‘n breek. More is nog ‘n dag…

jaco ·

Daars 5 miljoen onwettige immigrante uit die res van Afrika in SA. So g’n wonder die pastoor uit Nigerië het ook ingeglip nie. hulle stap eenvoudig oor die grens. lekker maklik né.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.