TV-lisensies vir tablette en slimfone dalk SA se voorland

tablette-skootrekenaars-slimfone-blogger

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Die SAUK wil hê die Uitsaaiwet moet sodanig verander word dat dit Suid-Afrikaners sal verplig om TV-lisensiegelde te betaal vir toestelle soos tablette, rekenaars en slimfone.

James Aguma, waarnemende uitvoerende hoof van die SAUK, het die parlementêre portefeuljekomitee vir kommunikasie Woensdag in Kaapstad van die openbare uitsaaier se jaarlikse korporatiewe en prestasieplanne ingelig.

Hy het volgens berigte erken die SAUK staar ʼn finansiële krisis in die gesig: “Ons sal radikale veranderinge moet maak aan hoe die uitsaaier bestuur word net om te verseker dat ons uit hierdie situasie kan kom.”

Die SAUK het homself gereed gemaak om vanjaar ʼn veel laer inkomste uit televisielisensiegeld te in en wil veranderinge aan wette aanbring om dit “verpligtend te maak vir mense om ʼn TV-lisensie te betaal vir alle toestelle waarop op hulle inhoud kan sien”.

Aguma het verder gesê die verandering in mense verbruik van televisie-inhoud het verdere druk op die SAUK geplaas terwyl die uitsaaier reeds die druk van die moeilike ekonomiese tye ervaar. Tans moet Suid-Afrikaners slegs ʼn TV-lisensie betaal vir toestelle wat ʼn TV-sein kan ontvang. Dit sluit toestelle soos rekenaarmonitors uit.

Video-op-aanvraag, digitale uitsendings en video-inhoud wat op ander toestelle besigtig kan word, het volgens Aguma só skerp toegeneem dat miljoene Suid-Afrikaners nou eerder televisie-inhoud op rekenaars, skootrekenaars, slimfone en tablette volg. Hy meen dat as die Uitsaaiwet gewysig kan word dit die SAUK se potensiaal om lisensiegelde in te vorder sal vergroot en op dié manier die broodnodige inkomstestroom vir die openbare uitsaaier sal aanvul en verhoog.

Hy het ook erken dat ʼn paar van die openbare uitsaaier se kommersiële radiostasies ʼn afname in luisteraargetalle getoon het nadat daar besluit is om strenger beleid rondom plaaslike inhoud toe te pas. Die voormalige en omstrede bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, het ʼn beleid ingestel waarvolgens 90% van die musiek wat op radiostasies gespeel word plaaslik moet wees en 80% van alle televisie-inhoud plaaslik vervaardig moet word.

Aguma het gesê Good Hope FM, Metro FM en 5FM, asook die SABC3-televisiekanaal het ʼn drastiese daling in luisteraars en kykers getoon.

“Ons het gevind dat die openbare uitsaaier se swak reputasie direkte aanleiding daartoe gegee het dat kykers nie graag hulle TV-lisensies wil betaal nie. Die SAUK se reputasie het adverteerders ook tot ʼn mate afgeskrik,” het Aguma gesê.

Die SAUK het verlede jaar ʼn netto verlies van R411 miljoen getoon. Die parlement het in Maart ʼn verslag aangehoor waarin die ouditeur-generaal R5,1 miljard se onreëlmatige uitgawes geïdentifiseer het

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Elsa ·

dis snert…en dra geen gewig….ons kan nie kndtaan vir SAUK se verliese nie

Jaco ·

Wats volgende? Ons gaan seker nog TV lisensies moet betaal vir as ons wil gaan fliek. SA is n GRAP!!

lw ·

Hoe lekker lag ek nou! Dis absurd – die staatsondernemings is soos parasiete wat nooit genoeg geld sal hê nie!
Wat van die miljoene mede landgenote wie glad nie betaal nie, is die tv beamptes bang hul word met klippe bestook!
Ons belastingbetalers sal baklei daarteen, ons melkkoei het nou net poeiermelk.

WL ·

Nou hoe gaan hulle bewys ek kyk SABC op my foon? Nie dat ek dit ooit sal doen nie bygesë.

Linda ·

Ek ken nie een siel meer wat SAUK TV kyk nie. Lagwekkend en hartseer tegelykertyd.

REGTIG? ·

Sodra dit gebeur gooi ek maar my Samsung weg en kry ‘n ou Nokia 3310. Die SAUK sal regtig bankrot raak as hulle so mal wil wees. Dis juis a.g.v die plaaslik vervaardigde inhoud dat hulle so sleg doen!

Keelvol ·

Ek is nou wragtig nie snaaks nie, maar nou raak die SAUK heeltemal van hulle trollie af. Wil die staat maar nie net elke maand ons hard verdiende geld vat vir al die crap idees waarmee hulle vorendag kom. Hulle is die mense wat aanjaag en hulle self verryk en ons moet net ons monde hou en betaal. Wys my een SAUK werker wat vir dit sal betaal. Maak my gatvol en keelvol. klomp clowns weet nie meer hoe om geld by mekaar te maak na alles in hulle sakke gedruk is.

H ·

Ek het net gou op my kalender seker gemaak…..Dis wraggies nie 1 April nie!!

Tony Bredenhand ·

Die bestuur moet minder steel dan sal hul waarskynlik hul uitgawes kan betaal.

Annie ·

Ek is stomgeslaan. Miljoene verlies gelei, en wie moet weer opdok vir hulle roekeloosheid??????? Ek het nie woorde nie……

Cherokee ·

Ek hoop jy besef om wyer te betaal is om meer te betaal.

Anoniem ·

Watse dagga rook hierdie mense? Wie dink sulke absolute onsin uit? Onnosel swerkaters!

Robert ·

Sny maar op jul bedryfskoste, verminder salarisse, byvoordele, pakette , bonusse ens en stop om die publiek die melk koei te maak.

yolandeh1978 ·

Ek dink die mense het almal op hulle koppe geval…regtig…as hulle dit dan wil doen laat hulle EERSTE DAARVOOR BETAAL, dan kyk ons of hulle nog so gelukkig is, hulle soek net meer en meer geld en lewer minder en minder dienste. Kyk lankal nie meer SABC nie…dis net gemors.

Nicolene ·

Ek stel nie belang in enige SABS kanale nie, en betaal reeds te veel aan DSTV, sal wragtag nie dit betaal nie!

Basjan ·

Die SABS het geen televisiekanale nie, maar die SABC het wel.

Fires ·

‘n April grap wat nou eers deurkom, seker deel van die’radikale transformasie’.
SAUK middelvingers is julle voorland

Wil jy nou meer..... ·

Dit is vandat dagga gewettig is dat ons nou hulle twak kry.?

Lee ·

Wat rook hy!!!! Ons kyk nie eers SABC nie. Hulle moet maar geld op ‘n ander plek soek. Suid-Afrikaners betaal genoeg vir ons Regering wat al die geld blaas.

CL ·

Desperaat. Maak maar toe die openbare uitsaaier. As ek verby townships ry het almal skottels. Nie eens die armste het meer die SABC nodig nie. Waarvoor betaal ons in elk geval. Ek het in die 90s laas gekyk. Daar is genoeg private radiostasies ook.

JB ·

Ons kyk nie eers tv nie, daar’s nie tyd daarvoor nie. Spandeer die tyd saam as gesin tot die kids gaan slaap. Tv sal sommer verpand word en ek sal maar ontslae raak van my foon en die ou Nokia afstof.
Hoe gaan hulle dit reguleer? Soveel boemies en gommies op straat het selfs slimfone… by almal wat in die strate en winkels op foon praat stop en vra vir sy tv lisensie?
Dan los ek eerder alles en brand ‘n kersie.

Francois le Cochon ·

Korreksie. Net diegene wat adresse het, moet betaal.

Niel ·

sooo, ek het ‘n tv gekoop, gekoppel aan my pc en kyk dan so deur my TV my prente met onderskrifte. Te veel kere as ek dvd’s wou uitneem is daar nie eens onderskrifte op nie. So vandaar kyk ek dus eerder my my tv-programme aanlyn. Daar is nie eens een tv-kanaal op my tv ingestel nie, en ek betaal my lisensie! So ek neem aan nou kan ek wetlik my prente kyk op die internet en dus nie “pirate” nie as SABC nou hiervoor ook lisensiegelde soek.

Blits ·

Radikale transformasie / verandering, (klink soos n zuma siekte) is die klomp simpel, motsoneng het die geld laat hulle dit by hom gaan kry, daar is in elke geval niks op tv wat regverdig op tv gelde te betaal nie.

Hot Ash ·

Bel maar eerder vir Hlaudi om te kom regmaak! (Hyt genoeg geld om die tekorte aan te vul)

Anoniem ·

O so, dit blyk dus nou dat onse Hlaudi toe nou nie so slim was as wat hy gedink het nie. SAUK dink nou regtig desperate planne uit om nog geld êrens vandaan te kry! Ek WEIER om te help betaal aan ‘n gemors wat daardie onkundige, arrogante mannetjie geskep het.

Piet Pompies ·

Die staat en semi staat instansies is daarem kreatief in hulle denke en uitvoering daarvan, Suid Afrika het nog nooit sulke baie vakansie dae gehad soos nou. So gebeur dit ook deesdae dat 1 April gereeld deur die jaar herhaal word, soos nou met versoek tot TV lisensies op slimfone en tablette.
Dalk is dit omdat die mense nie weet watter dag van die jaar dit is!

cor ·

Kyk net rondom jou en sien wie het die slimfone, Ipad en tablets ek waarborg jou dat nie een van daardie miljoene sal die lisensie betaal nie, net soos wat hulle nie ge “Rica” is nie, elke maand het hulle n nuwe sel nommer. Al die moontlike bronne vir korrupsie is uitgepit, nou staan een ou op met n droom om n moontlike nuwe geld myn te ontgin wat n grap.

Herman ·

R411 miljoen verlies met R 5,1miljd se onregmatige uitgawes klink nie vir my na n organisasie wat geld nodig het nie maar net n bestuurspan wat weet wat hulle doen.

DS ·

So snaaks dat AL die maatskappye voor 1994 suksesvol was maar nou is hulle almal in finansiele moeilikheid. Transnet, SAL, poskantoor, SAUK ens ens ens

Ekke ·

DS ek stem 200% saam. So snaaks dat alles voor 1994 so glad geloop het en nou het niemand niks. Dit is om van naar te word.

cor ·

Dit is alles oom Jan se skuld wat nou nog na 350 plus jaar by mense spook. Hy het die vorige bedeling geleer om kreatiewe boekhou te doen en die nuwe ouens het nie daardie deel geleer nie . Hulle ken net van radikale ekonomiese self bemagtiging.

gatiep ·

Hehe wie kyk nog TV.
Ek moet nou betaal vir iets wat ek nooit gebruik nie en wat eintlik net n klomp gemors propaganda is wat witmense verneder en sleg af maak.

Anne ·

Dis waar! Weet wat die ergste is, ek he nog nooit ‘n tv gehad nie maar hul verwag ek moet lisensie betaal, een of ander freak het my I’d gesteel en nou moet ek tv lisensie betaal. We’ll nuus vir hulle. Moet my maar soek en toesluit.

Cornelius ·

Ek sal skop daarteen, ek sal opstaan teen dit soos teen n sekere Restaurant Groep, en dan sal ons sien hoeveel internet aansluitings kontrakte sal gekanseleer word, en dan vou hulle ook, daardie maatskappye sal ook maar die pyn voel in die agtersak, ek hou nogal van die 2017 Nokia 3310……….

Penellope Jones ·

Genugtig – dis nou gierigheid, kinderagtig en nydig. spesifiek omdat hulle noem dat mense nie gretig is om tv-lisensies te betaal nie.

Bowendien rekenaartoerusting met Wi-Fi moet reeds by Icasa geregistreer word.

Vryheid ·

Ja wat nou het ons als gehoor. Nog n staatsinstansie wat deurtrek is met wanbestuur wil nou die man op straat verder melk. Kry julle huis in orde SAUK . Moet net nie dink julle gaan n sent verder van ons kry nie. KEEP ON DREAMING!@@@

Jan maak n Plan ·

Sal myne koop sodra al die sogenaamde agtergeblewenis hulle sin gekoop het. Verder bly ek maay ‘n roofkyker.

Heleen ·

Kies ‘n vinger! Ek gaan geen gelde betaal wat bet gesteel gaan word nie!

Ekke ·

Regtig???? Sodat hulle meer het om te vermors, bonusse aan hogere amptenare kan betaal. Ek kyk nie eens tv nie, want selfs op die nuus is ‘n klomp wie ek nie wil sien nie. Niks anders is die moeite werd om te kyk. Hoop gemors op tv, lees eerder ‘n boek of luister cd’s waarvoor ek betaal het. Van hierdie huis sal hulle beslis nie ‘n verdere sent kry nie.

Freud ·

Die ou rook electric grass. Daar is geen manier nie.. Hlaudi het hulle in die verknorsing en die regering het geweier om te keer dat hy die sauk sink…. so hulle moet nou maar hand in eie boesem steek want hulle kry by my net mooi niks.

Johan. H. ·

Weer my kommentaar verwyder, voel seker saak met sabc skuldig

Amanda ·

Ek het OVHD waarvoor jy nie n sent betaal nie. etv het nou eExtra, eMovies, eMovies+ en eToonz+. Nou vra ek my hoe hulle so kan groei sonder lisensie en tax geld? Hulle het genoeg goeie programme vir iemand wat nie heeldag voor die TV lê nie. (Soos die SAUK in die ou dae). Hoekom skrap ons nie die SAUK sommer heeltemal nie?

Lindie ·

Ek is nie ‘n roof kyker nie, ek betaal my tv lisensie, maar ek weier om enigsins vir my tablet of selfoon ook te betaal. Ek kyk nie SABC kanale nie, en luister selde radio, ek reken betaal waarvoor jy gebruik. Ek gooi werklik my tv uit en betaal dan niks. Speel in elk geval met die idee om dstv te kanseleer, natuurlik val SABC lisensie geld ook weg. Ek sou reken betaal wat jy gebruik maar dan gaan niemand bonus kry nie want die inkomste vir sabc gaan merkwaardig afneem. Grootse gedeelte vd populasie roof kyk, hulle kan gerus beslag op hulle tv’s gaan lê!

cor ·

n Tv lisensie is dieselfde as n visvang lisensie daar word probeer om geld te kry vir geen dienste gelewer. Geen sogenaamde agtergeblewene betaal n hengel lisensie of n Tv lisensie nie so nou weet jy.

Stev ·

LMGA….né !!!!

Ons is in Mei, 1ste April is lankal verby !!!

M A ·

Ek is doof. Het jare laas TV gekyk. Weet nie hoe n radio werk nie. Ek betaal egter nog steeds my TV lisensie. Ek gaan baie beslis nooit betaal vir TV net omdat ek n selfoon het nie.

latie ·

hi hoekom moes jy betaal lisensie moenie ek ook doof ek betaal nie lisensie betaal nie moenie bang wees hul jou hof toe vat nie hul kan saak verloor hul net groot skelms daai………

Michael ·

Dit sal die dag wees die sabc moet vir spur en sanral vra wat gebeur as mense genoeg gehad het om gemelk te word.

Clara ·

Wat n grap, hulle het nou net land wyd vir mense verniet tv skotteks ingesit wat nie tv lisensies betaal nie… en nou moet ons weer daarvoor betaal. En wie kyk nog na hulle programme. Miskien nog 7de laan en nuus. En kyknet kan maar vir 7de laan oorvat… en nuus… nou ja lees eerder op my slimfoon wat regtig aangaan in ons land as wat jy na die buite land se nuus kyk.

Johann ·

Desperaat.
Dink hulle regtig dit sal werk as niemand hulle tv lisensies betaal nie?

Anny ·

Hierdie is daaglikse Gesteelde items – wonder hoeveel lisensies ek nou al voor verantwoordelik gehou word terwyl ? heerlike gebruik van my items het?

cc ·

Dis tyd dat alle SOE ontbind word en eerder deur goeie mededingers vervang word.Netflix ,showmax en nog vele meer!!! Geen meer staatsbeheerde instansies nie,,,,dan kan die kaders nie meer steel nie!!

pietie ·

Die sabbc is bankrot en wanbestuur. Maak dit toe of privatiseer dit.

Miena ·

Die SABC Lisensie afdeling is in groot administratiewe wanorde, my ouers betaal nog al die jare vir hul lisensie, nou het hul lisensienommer verander en ewe skielik skuld hulle R3000. As hulle administrasie beter is en hulle rekeninge beter hanteer word, sal dit al ‘n goeie begin wees. Ons gesin kyk ook nie meer TV nie, maar betaal nog die rekening net omdat ons die stofopgaarder nog in ons huis het….

Laat my nou terugdink aan my studente dae in Politieke Wetenskap. In 1994 het ons dosent Prof Theo Bekker reeds gesê: “Tekens van ‘n demokrasie wat misluk is vreemde soorte belastings wat gehef word”. Kan nie anders as om hier te dink aan e-toll, bestuur lisensie hernuwings en nou hierdie belaglike Selfoon belasting nie……

WitBlits ·

Volgens die berig het die SAUK ‘n verlies van R411 miljoen gelei, maar onreelmatige transaksies van R5.1 MILJARD aangegaan en as hulle net ‘n TIENDE van die onreelmatige uitgawes voorkom het, het hulle ‘n wins van minstens R100miljoen gemaak!!!!
Netsoos Jan-Alleman saamgestaan het en e-tol gekelder het, kan ons ook die belaglike lisensiegeld vir die raad se onvermoee kelder!

Johannes Meintjes ·

Maar geen effektiewe druk word geplaas daarop om ‘n volhoubare sosio-ekonomiese model in die Nuwe SA te vestig nie, – want dan kan almal hulle brood eerbaar verdien en al die ekstra dingetjies waaruit die Roofdierstaat wil geldmaak uit sy verhongerde burgers, miskien uitvoerbaar en wen-wen plaasvind.

marianna ·

“Over my dead body” soos hulle in engels sê he he he he he

Blits ·

As ek enige video’s aflaai van die internet af gebruik en my data my tyd my airtime my foon, geen niks van di SABC nie, nie hulle naam , hulle geriewe of tegnologie nie,nie hulle data nie. so daar nie n manier dat ek nog geld vir hulle gaan gee vir n TV lisensie vir my TAB of FOON nie ek dink regtig ons mense betaal al reeds vir te veel dinge wat eintlik nie betaal moet word nie, maar hulle kan lekke laf raak met helse hoë pays en ons moet bly inboet vir hulle onbevoegdheid, plaas al die familie lede gefire word en eerder mense aangestel word wat regtig die kennis en vaardigheid het om die regte besluite te neem. wie was in elke geval so dom om Hluadi aan te stel, laat hulle almal die geld terug betaal en dan is die SABC weer uit hulle verknorsing

Marthie ·

Ag nee dit is nou n belaglike idee. Daardie geld sal net in iemand se sak land

SARIE VAN HEERDEN ·

Wie het so baietyd om sulke snert uit te dink? As Multichoice hul wil begewe om agent te speel vir die SABC kanselleer ek onmiddellik my rekening by hulle. En ek het toegang tot AL hul kanale. Tot sover en nie verder nie.

Ruby ·

Om meer te steel, ek bedoel “wanbestuur”.

Benoude katte maak benoude spronge.

Shame, kry vir julle.

Lottie ·

Nee ek sal dit nie kan bekostig nie. Ek kan skaars lugtyd bekostig soos dinge nou gaan. Het nie ‘n tv nie en luister net na klassieke cd’s op my radio/cd speler. Kan nie sien hoe mense dit sal kan bekostig nie, want met my gaan dit beter as met baie en ek sal nie kan nie.

Reinharx ·

Hy het sekerlik nie n filter tussen die brein en mond nie toe hy dit gese het. Dit beteken dan dat banke, jse, kettangwinkels,klein handelaars ens tv lesensies moet betaal om hulle netwerke te gebruik. Die SAUK wil net hulle persoonlike sakke te vul met ons geld. Daaglikse kostes word dan opgejaag deur so n absurte voorstel. Verkoop eerder die SAUK . Dan het julle mos geld om julle sakke te vul. Want mense wat so n iets voorstel is in elk geval kortsigtig. Dit is belaglik verby.

Koos1 ·

Die probleem is ons almal betaal reeds al is dit nie in lisensiegelde nie maar in belasting, want sien die staat befonds die SABC. Tweedens hulle kry borge, wat ons ook heel moontlik ondersteun, Derdens hulle het adverteerders wat ons ook heel moontlik se produkte gebruik!
So verdere gelde van my gaan hulle nie kry nie!!!!

Koos1 ·

Daar is al vir my gesê dat my ore so bak is dat hulle seine kan opvang. Moet ek ‘n lisensie daarvoor ook nou hê?

Gerhard ·

Betaal my maandelikse lisensie van die dag af toe ek uit die huis is. 30 jaar lank. Wat kyk mens op SABC? 7de laan is gemors, dieselfde storie oor en oor, gebeur net elke keer met ‘n ander karakter. Nuus is gemors! Alles wat jy daar sien is negatief; diefstal, bedrog, korrupsie, moord. Enigste positiewe nuus nou en dan en dan ook net vir 30 sekondes gaan oor die voorheen benadeeldes.

Kom haal die flippen TV, ons gebruik dit nie en het dit nie meer nodig nie. Kan baie geld spaar om die crappy DSTV ook te kanselleer en dan vir die regering nog ‘n paar rand beskikbaar te maak wat hulle op ‘n ander manier op kan beslag lê.

Liza22 ·

SAUK is ‘n klomp narre. My ouma al 8 maande oorlede, sukkel vreeslik om haar TV lisensie te kanselleer, elke keer iets anders. As hulle nou bel oor die betaling agter is verwys ek hulle na die begrafplaas!

zeno ·

Ons kyk lankal nie meer TV nie, dis net gemors wat gewys word, so weier ek om lisensie gelde te betaal, hoekom moet ek betaal vir `n toestel in my huis wat nie gebruik word nie,dan moet ek seker vir my yskas en wasmasjien ook betaal.

Cherokee ·

Ek het dit gedoen, maar dit was in beter jare. Vroeg in die ’90s het ek die SAUK geskakel en telefonies met ‘n wit man gepraat en verduidelik dat ek dik is vir hul aanhoudende briefies oor lisensies. Dat ek my TV verkoop het en dat hulle dit moet staak. ‘n Vriedelike stem het gesê “terwyl ons praat het ek jou stem uit die poslys verwyder.” Dit was sowat ‘n kwart eeu gelede. Nooit weer van hulle gehoor nie.

JoeV ·

So ek kyk inhoud van Amerika en die SABC maak aanspraak op betaling? interesant.
Die vertraging in die oorskakeling na digitaal is ook hoofsaklik uit die vrees dat betalende kykers glad nie sal oorskakel nie, tans kan hulle nog almal dwing om te betaal, maar na oorskakeling na digitaal slegs die wat die dekodeerder koop, en dit gaan nie die moeite werd wees vir hulle nie.

Maak toe die plek, mors net geld.

11 jaar sonder enige opvang toestelle in die huis, DSTV ingesluit!.

Max ·

Ek is bereid om my tv verkoop en die maandelikse paaiement plus lisensiegeld te spaar. Dit werk vir my uit op amper R10,000 per jaar. R1000 per maand betalers spaar nog meer. Ons geld is goed genoeg maar nie ons nie.

Irma ·

Ek het ontslae geraak van die ding en my DSTV. By die gym aangesluit en ‘n stokperdjie begin beoefen. Spaar hope geld wat my lewenskwaliteit verbeter en ek lyk en voel fantasties. Televisie vrot die brein, slegte ouers gebruik dit as kinderoppasser en verveelde, dom mense word vermaak daardeur.

Pieter ·

hê, hê hê. Hierdie gaan net so’n groot sukses (!) wees as etol en Aarto.

Twienkels ·

Hulle kan gaan doppies blaas ….. Hoe gaan hul in elk geval bepaal hoeveel van die miljoene het slimfone, tablette en wat nog te sê van al die administratiewe werk? Hul kan nou nog nie eers hul bankstate rekonsilieer om te sien wie betaal en wie nie…. Kry al jare aanmanings oor ma van 90 wat gereeld by poskantoor betaal het maar geld is missing in action op hul bankstate. Hul moet bietjie bykom en verder dink as wat hul neuse lank is…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.