TV-man breek stilte oor botsing wat motorfietsryer eis

Blomme by die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Blomme by die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Die student wat aan die werklikheidstelevisiereeks Rich Kids deelgeneem het en daarvan beskuldig is dat hy betrokke was by ʼn botsing waarin ʼn motorfietsryer gesterf het, het sy stilte oor die voorval gebreek.

Nape Phasha, wat regte studeer, voer in hofdokumente aan dat hy nie ʼn bestuurder of passasier was van die motor wat die aand van 13 Augustus die motorfietsryer getref het nie. Die ongeluk het gebeur by die kruising van Garsfontein- en Netcareweg in Moreletapark, Pretoria. Mogomotsi Moerane (31) is in die ongeluk dood.

Kobie Delport, ʼn ooggetuie, het destyds aan Maroela Media gesê hy het in Garsfonteinweg by die verkeerslig gewag toe hy die ongeluk sien gebeur het.

Nape Phasha. Foto: Instagram

Nape Phasha. Foto: Instagram

“’n Swart Mercedes Benz was in die baan wat regs draai. Die lig was al rooi toe die bestuurder wel besluit het om ʼn kans te waag en vinnig voor die aankomende verkeer in te draai. Die motorfiets het natuurlik vinniger as die ander voertuie weggetrek en het die Mercedes teen die linkerkantse agterdeur getref,” het hy vertel.

Volgens Delport het die motorfiets omgeslaan en bo-op die motorfietsryer beland. “Ek het dadelik uitgespring en na hom toe gehardloop. Die bloed het by sy valhelm uitgestroom. Hy het nog so drie keer ingeasem en toe is hy dood.”

Die bestuurder van die Mercedes het glo langs die pad afgetrek, maar nie uit sy motor geklim om te kyk of die motorfietsryer beseer is nie. “Hy het net in sy motor gesit en op sy foon gepraat. Ek het vir hom gesê om net daar te bly en nie die toneel te verlaat nie.”

Mogomotsi Moerane. Foto: Verskaf

Mogomotsi Moerane. Foto: Verskaf

“Sowat tien minute later het nog ʼn motor daar stilgehou en ʼn goedgeklede man met sulke blink skoene het uitgeklim. Ek het hom dadelik herken as die pa van een van die families in die realiteitsreeks Vuzu Rich Kids. Hy het met die bestuurder in die Mercedes gepraat wat ek aangeneem het is sy seun, en toe is die twee in die pa se motor daar weg. Die Mercedes het net daar langs die pad bly staan.”

Daar is destyds aangevoer dat Phasha die Mercedes bestuur het wat in die ongeluk betrokke was. Michael Motsoeneng, Phasha se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê sy kliënt het na die voorval doodsdreigemente ontvang en dat hy ʼn lyfwag moes aanstel. Volgens Motsoeneng was sy kliënt ten tyde van die ongeluk in Johannesburg en sal hulle dit in die hof aanvoer.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

anet ·

Geld maak reg wat krom is. Getuies word gekoop en bewyse word vervals

Landie ·

Ok, en so, aan wie behoort die Mercedes dan?? Dit kan sekerlik nie nogsteeds daar staan nie. Dit moet tog aan die person behoort wat dit bestuur het, of aan die persoon se ouers as hy minderjarig is??

pop ·

Laaaaang tyd gehad om hierdie storie uit te dink. Polisie moes daai selfde aand die seun gaan arresteer het. Weereens gaan n moordenaar wegkom. En ergste van alles, die pa help die kind in afgrond in. Boendoe geregtigheid like ek al meer

Bruno Stef ·

Die Mercedes Benz was seker deur die Skim en sy broer Wim bestuur wat soos mis voor die son verdwyn het,Die motor is seker op iemand se naam geregistreer gewees het of gaan ons nou hoor dat dit gesteel of gehighjack was,Wat n groot bol bollie gaan nou opgedis word.

hmmmm ·

Ja nee…. nog kurrupsie….. omdat die man op die toneel was …. en die waarheid gesien het nou word hy met die dood gedreig …. geen wonder mense wil nie meer help nie …. ek wonder ook wie het die Mercedes bestuur ?????????????????????? en ek wonder ook hoeveel geld word sy regsverteenwoordig in die sak gestop!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jo ·

Dis nie die ooggetuie wat met die dood gedreig word nie maar die persoon wat beskuldig word dat hy die motor bestuur het.

Nick ·

Wie ookal die seun se storie glo wag seker nog op die paashaas!

Winston ·

Wat nog? Liewe magtag dink hulle die hele land se mense is dom???

Dee ·

Wanneer na die land se doene en late gekyk word is dit geen toonbeeld van hoë intelligensie wat heers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.