TV-man glo in botsing waarin motorfietsryer sterf

Foto: Netcare 911 (verskaf)

Foto: Netcare 911 (verskaf)

ʼn Bekende jong man van ʼn gewilde televisie-werklikheidsreeks was glo betrokke in ‘n gru-ongeluk waarin ʼn motorfietsryer Donderdagaand dood is.

Die ongeluk het gebeur by die kruising van Garsfontein- en Netcareweg in Moreletapark. Kobie Delport, ʼn ooggetuie, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy het in Garsfonteinweg by die verkeerslig gewag toe hy die ongeluk sien gebeur het.

“’n Swart Mercedes Benz was in die baan wat regs in die straat in gedraai het. Die lig was al rooi toe die bestuurder wel besluit het om ʼn kans te waag en vinnig voor die aankomende verkeer in te draai. Die motorfiets het natuurlik vinniger as die ander voertuie weggetrek en het die Mercedes teen die linkerkantse agterdeur geslaan,” het hy vertel.

Volgens Delport het die motorfiets omgeslaan en bo-op die motorfietsryer beland. “Ek het dadelik uitgespring en na hom toe gehardloop. Die bloed het by sy valhelm uitgestroom. Hy het nog so drie keer ingeasem en toe is hy dood.”

Die bestuurder van die Mercedes het glo langs die pad afgetrek, maar nie uit sy motor geklim om te kyk of die motorfietsryer beseer is nie. “Hy het net in sy motor gesit en op sy foon gepraat. Ek het vir hom gesê om net daar te bly en nie die toneel te verlaat nie.”

Delport het na die Pretoria-Oos-hospitaal reg oorkant die pad gehardloop om paramedici te roep. Die motorfietsryer was egter reeds dood en paramedici het die liggaam met ʼn kombers toegegooi.

“Sowat tien minute later het nog ʼn motor daar gestop en ʼn goed-geklede man met sulke blink skoene het uitgeklim. Ek het hom dadelik herken as die pa van een van die families in die realiteitsreeks Vuzu Rich Kids. Hy het met die bestuurder in die Mercedes gepraat wat ek aangeneem het is sy seun is en toe is die twee in die pa se motor daar weg. Die Mercedes het net daar langs die pad bly staan.”

Foto: Netcare 911 (verskaf)

Foto: Netcare 911 (verskaf)

Delport het gesê die polisie het later by die toneel opgedaag, maar nie sy of ander ooggetuies se verklarings afgeneem nie en slegs hul kontakbesonderhede gevat. “Tot nou toe het die polisie my nog nie gebel om ʼn verklaring te kom afneem nie,” het hy gesê.

“Ek wil net so graag weet wie die motorfietsryers se familie is. Ek wil net so graag vir hulle vertel wat gebeur het en vir hulle sê hy was nie alleen toe hy dood is nie. Iemand was darem by hom.”

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, wou nie die naam van die motorbestuurder bekendmaak of bevestig dat hy op ʼn televisie-realiteitsreeks verskyn nie. Brits het ook ontken dat die bestuurder die toneel verlaat het voordat die polisie opgedaag het. “Al wat ons nou kan bevestig is dat ʼn saak van strafbare manslag ondersoek word,” het sy gesê.

Die seun van een van die families in die televisiereeks het intussen op Twitter gesê bewerings wat teen hom gemaak word oor die ongeluk is onwaar. Hy het gesê hy sal ʼn verklaring oor die saak uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Leonie ·

Die arme motorfietsryer. Rus in Vrede Meneer. Dis so tragies. Net omdat ‘n damn idioot nie ‘n minuut kan wag nie en dan verlaat hy nog die ongelukstoneel ook. Die Polisie gaan dit seker ook net laat verdwyn omdat die skuldige een ‘n celeb is. So onnodig!!! Het die bestuurder van die Merc ooit ‘n lisensie of het hy dit ook gekoop??

Retha ·

Jy is heeltemal reg, dit sal toegesmeer word en geen haan gaan daarna kraai nie.

magriet ·

aan die seun wat op twitter beweer hy is onskuldig, maar tog ‘n verklaring oor die saak wil uitreik: Waarom dan een uitreik as jy onskuldig is?

Riette ·

Ja nee alweer n geval waar geld onskuld kan koop, dis pateties

Jaco ·

Die man wat gesien het wat gebeur moet ‘n saak gaan maak of ‘n verklaring gaan afle,anders gaan niks van dit word nie,jammer vir die mede biker se familie dink aan julle in die tyd van nood. Ek het 2 weke terug ook ‘n ongeluk beleef van ‘n motorfiets ryer en sy vrou waar die ander mense ‘n u-draai gemaak het op ‘n blinde hoogte en ‘n draai,en ons mede biker familie is 2 mense minder asgevolg van dit.So asseblief ek vra nou dat die persoon wat gesien het wat gebeur ‘n saak gaan oopmaak sodat die een wat skuldig kan betaal vir sy dom onnosel fout.

francis ·

Ja geld is n lelike ding hul is almal seker omgekoop die POLISIE inkluis!!!!!!!!!!!

hes ·

Ja, ‘n minuut se onbesonnenheid veroorsaak ‘n leeftyd se hartseer vir ‘n familie. Hoe onnodig!

hes ·

Ja, ‘n oomblik se onbesonnenheid veroorsaak ‘n leeftyd se hartseer vir ‘n familie. Hoe onnodig!

Kobie Delport ·

Baie dankie aan Maroela vir ‘n ware verteenwoordiging van wat ek aan hulle oorgedra het rondom die gebeure wat eerste hands ervaar het.
My respek and innige simpatie aan die familie en vriende wat geraak word deur hierdie tragiese gebeure.

anet ·

Sover ek verstaan bepaal die Wet dat jy nie ‘n ongeluks toneel mag verlaat as daar beseerdes is, en of daar iemand is wat gesterf het nie. Hoe dan nou dat die jongman van die motor die toneel verlaat het, en nie vir die polisie gewag het nie?. En waar is ons Geliefde Ridders dat hulle nog geen verklarings afgeneem het nie. Die Persoon wat gesien het wat gebeur, asseblief gaan maak ‘n verklaring. Hoekom moet hierdie onskuldige jongman met sy lewe betaal vir ‘n padvark wat dink hy is verhewe bo die Wet

Gawie de Beer ·

Die wet bep[aal dat as jy in ‘n botsing is moet jy:-
1. eerstens stop
2. kyk of daar enige beseerings is
3. verleen noodhulp as jy kan of ontbied noodhulp
4. Stel skade vas
5. verskaf besonderhede soos naam adres en kontak besonderhede ens aan die ander party of wets toepassings beampte
6. Moet nie die toneel van . botsing velaat veral as daar beseerings of persone gedood is sonder toestemming van die persoon in beheer van die toneel. SAPS of Metro.

Dit is die oog getuie se reg om ‘n siviele saak aanganging te maak teen die party wat die toneel verlaat het
Hoof klagte : Roekeloos of nalatige bestuur
Alternatief Onbedagsame bestuur
Tweede klagte ‘n padverkeersteken verontagsaam het te wete Rooi verkeerlig
Alt Kruising binne gegaan het teen die rooi lig
Derde Klagte: n Botsings toneel met ernsige beseerings verlaat het sonder toestemming .

Winston ·

Strafbare manslag. Maar goed gestel Gawie. Kyk of daar iets van kom? Dis n hopelose stryd om in wetstoepassers se koppe te kry om volgens die wet en regspraak te werk. Elkeen is n mag op sy eie en dis hoekom sulke goed gebeur. Hulle verkeer onder die indruk dat as hy n iniform aan het, hy die wet is. Verkeersreëls is van toepassing op wetsgehoorsame burgers en die res ry soos hulle wil. Geen respek vir mede padgebruikers nie.Aan die oorledene se familie: jammer en sterkte vir wat voorlê.

gideon ·

Wanneer sal mense leer veral motorfiets ryers Dat wanneer jy n robot nader dubbel seker maak dat dit veilig is en niemand dalk n dom fout sal maak nie!Ons moet ook in ag neem dat ons verantwoordelik die pad moet betree….net my opinie Ek het al menigte ongelukke by robots voorkom oor hierdie beleid van my!!!

Belinda OConnor ·

Gideon, ek moet jou reghelp op hierdie ene – Die motorfietsryer het DOODSTIL gestaan by die rooi lig, die brat het van agter af gekom en voor die verkeer n kans geneem om regs te draai na die hospitaal se kant toe uit n baan wat hoofsaaklik reguit moet beweeg. Reg voor die motorfiets toe hy weggetrek het en die m/fietsryer het hom met die wegtrek op die agterdeur getref. Sou jy nou verwag dat n aap van agteraf kom en voor die verkeer indraai as jy wegtrek by n robot. Ek weet die feite want dit is my buurvrou se seun. die mense is stukkend en hier is baie voertuie in die straat wat haar kom ondersteun van gister af. Die seun was n belowende jongmens en het nog nooit gejaag as hy in die middae bydie huis gekom het nie en was altyd bedagsaam, altyd. Dit is maar n jonge seun van 29jaar oud. RIP.

gatvol!!!!!!! ·

Dit is weereens die tipiese bewys van die land waarin ons nou is. ek wonder elke dag waar rassime eintlik le, die polisie net so diep in die sake van enige iets waar geld betrokke is. baie jammer aan die familie wat op so manier n geliefde moet afstaan.

MM ·

Hulle moet die pa en kind aankla, want hy het seker nie ‘n lisensie nie, daarom het die pa hom van die toneel af verwyder.

Peter van der Linden ·

EK stem 100% saam – hulle het albei die wet belaglik gemaak en wetend ‘n oortreding begaan. Albei moet gearresteer word!

Elene de Beer ·

Vreeslike tragiese gebeure – innige simpatie aan die familie en vriende. Die pa moet van medepligtigheid aangekla word – hy is net so skuldig soos die een wat die ongeluk veroorsaak het.

Charles ·

Intressant hoe van die kommentaar weer neig na ras/kultuur/kleur. Dit is hoe ons probleme verwerk, en skuld pak op ander, deesdae het elke probleem met ras te doen kyk nou maar weer na ons geliefde bokke!

Ek is ‘n Vrystater, permanent woonagtig in die Boland, en het die afgelope lang naweek in Gauteng deurgebring.
Ek is tot in my siel geskok om die absolute wetteloosheid van padverbruikers eerstehands te kon aanskou. Oranje en rooi vekeersligte bestaan nie – alles is groen. Daar is glad nie meer ‘n ding soos stop by ‘n stopstraat nie. Mens sien telkemale (ja selfs in die Republiek van die Boland) voertuie wat oor ‘n stopstraat ‘2nd gear’….neewat probeer 5de rat!

Mense voel niks vir padreels, hierdie seun het in ‘n ongeluk gesterf omdat basiese padreels nie nagekom is nie. Maak nie saak of niemand die padreels reguleer nie, maak nie saak of die ANC of wat ook al, of die wie ook al nie sy plig na kom nie, as jy self nie stop by ‘n STOP straat nie, of selfs nou en dan maar die oranje/rooilig toets of links in die geel streep verby gaan, besef net dat dit jy kon wees, of dat dit jou seun of broer kan wees wat met sy lewe moes betaal…. kleur en geld en ras en celebrity het niks hiermee te doen gehad nie.

Johan Labuschagne ·

Dis seker maar wat gebeur wanner mens dag na dag gekonfronteer word met klein goedjies soos Kaapings en “smash and grab”….

Lise ·

Charles, snaaks dat jy nou ras/kultuur/kleur lees in die kommentare. Hier het ‘n onskuldige persoon sy lewe verloor as gevolg van ‘n ander persoon se impulsiewe besluit. Geld en “celebrity status” is verseker by hierdie saak betrokke.

Elfie ·

Charles dis ooglopend dat GELD hier ter sprake is…’n Ordentlike persoon sou wag vir die polise maar die ene weet hy het geld en gaan dus hosmelf lospraat. Hoop daar is genoeg ander getuies wat ook vorentoe kom en dat hulelhierdie ding vasvat. ‘n Lewe is verloor omdat iemand weer wou kanse vat by ‘n robot … en dan wegstap! SIES!

Desmond ·

Ek stem, en sal graag wil versoek wil rig aan Maroela media om die oog getuie te kontak dat hy n verklaaring gaan af le by die polisie…
Dis die enigste manier hoe mens die wet kan af dwing op iemand wat die wet oortree…

Michiel ·

Laat Carte Blanche die regte vrae vra – hulle bang g’n niemand maak nie saak hoeveel geld jy het!! Hulle sal SORG dat die knaap aangevat word met hul vrae.

Poppie ·

Dankie Kobie. Gelukkig was jy daar. Ek is seker anders sou die man net weggery het. Ons bly mos in ‘n lekker nuwe Suid-Afrika. Doen net wat jy wil en breek al die reels. Stem ook saam. Daar word slegs iets gedoen as mense die woorde “Carte Blanche” hoor….

piet ·

Hoe kan julle die motoris klaar skuldig bevind? Het die motorfiets ryer ‘n bestuurders lisensie? As jy na die skade aan die Mercedes kyk het die motorfiets glad nie stadig gery nie.

Dave ·

Wakker word Piet, kyk watter tyd van die dag is dit al! Word wakker en praat sin! Selfs al het die slagoffer in sò ‘n geval geen bestuurderslisensie verontskuldig dit steeds nie die roekeloosheid van onbedagsame bestuurders wat deur hul onnoselheid mense doodmaak nie. Waarom wonder jy nie oor die bestuurderslisensie van die Merc se bestuurder? Skud jou kop ‘n slag en praat sin. Die motorfiest het na bewering weggetrek nà die lig vir hom groen vertoon het en wàt kon sy spoed gewees het 10 of 15 treê verder? Dink ‘n slag voor jy weer skryf.

Sollie ·

… en die feit dat die motorbestuurder die ongelukstoneel verlaat het, spreek boekdele. Hy het oor ‘n rooi lig gery, wat verstaan jy nie van dit nie Piet?Ek wonder of dit nie ook ‘n geval van onder die invloed was die dat hy so vinnig weg is. Nou kan hul mos nie meer alkohol in sy bloedstroom kry nie! Hier is BAIE vrae!

Limpopo ·

Piet, se ek ook maar jy hoor nou die buurvrou se die motorfiets het stil gestaan.

Brandon. ·

Piet.

In what world are you living in?

The high powered and very expensive motor vehicle skipped the red robot. Adding to this, one needs to realise that when two vehicles collide, you need to take into account the speed of BOTH vehicles and not just the one vehicle.

As the vehicle driven by the accused skipped the red robot, it is safe to say that he either accelerated or slowed down from high speed before entering the intersection – we all know this from experience.

Now the motorcycle would have accelerated to lets say 40 kms/h and the G4 would have been at roughly 80 km/h – this equates to a combined speed of about 120 km/h.

The damage done to both vehicles is expected.

The crux of this situation is not about the accident, its actually about the way the accused carried himself. He did not bother to get out of his vehicle to check that the Biker was ok, all he did was sit in the G4 – which is not his – and then wait for someone else to arrive and drive him away from the scene illegally.

In closing:

The motorcycle involved is a later model superbike. Something reserved for those that have cut their teeth on lesser powered bikes before moving over to the pinnacle of big bore superbikes.

At the very least the rider would have a learners, this would be inline with the latest FICA requirements.

So before anyone passes judgements regarding licenses and such like, do your homework.

Not everyone can afford to drive mommys G4 around and not everyone can afford to dump over 100 K on a later superbike with no insurance or HP agreement.

Sê maar net ·

Dis goed en wel dat Kobie ‘n verklaring aflê, maar ek het self ervaar dat geld wat krom is dinge kan regmaak of laat wegraak. Verklarings “verdwyn” baie maklik en dan kry jy eendag die boodskap van die howe af wat vir jou sê, Case closed, unknown perpetrator.

Brandon ·

Remember the kid driving the Hummer a few years ago that mowed down 5 bikers – killing three of them in the process.

Whilst intoxicated and on the wrong side of the road.

Then fled S.A.

And also in Pretoria.

Dave ·

Ag jong, na al die drama in die land sit ons nog opgeskeep met pessimiste soos jy ook boonop.

Belinda ·

Ja Amelia, dit is my bure se seun van 29jaar oud. Goeie opgevoede seun met baie goeie maniere. Het altyd baie bedagsaam met daardie fiets in die straat afgery, soms het jy daardie fiets nie eers gehoor nie. Die mense is stukkend – Hy het by sy Moeder gebly.

sandra duplessis ·

my seun 3 jaar terug oorlede ook met motorfiets nadat n idioot n ander kar verbygesteek het op n reguit lyn en wat het hy gekry 5duisend rand boete verder niks, sy lewe was net dit werd. kinders sonder n pa en die hartseer is onbeskryflik

Johanna ·

RIP Biker boy. Jy ry nou ‘the hiway in heaven’. Innige simpatie met die ours en vriende.
Ek het net een vraag…. die bestuurder van die merc, hkm het hy die ongeluk toneel verlaat? Dalk geen lisensie nie of onder die invloed gewees?

Peet Schabort ·

Ek sien nie dat daar oor die volgende teenstrydighede reeds kommentaar gelewer is, nl.:
a) Die eerste berig meld dat wrakstukke die wêreld vol gelê het terwyl hierdie berig die indruk skep dat hy pas weggetrek het en geensins kon daar dus wrakstukke versprei gelê het.
b) Die eerste berig meld dat hy vasgery het aan die BESTUURDER SE KANT van die motor terwyl hierdie berig sê dat dit die LINKER AGTERDEUR was van die motor.

Voorgaande is nogal ‘n redelike groot verskil en kan heeltemal ‘n wanindruk skep van wat werklik gebeur het. Iemand het dus drooggemaak met skynbaar die eerste berig.

cobus ·

Ek het deesdae n gewoonte aangekweek om my android as n dashcam te gebruik en delete die clip as daar geen voorvalle is nie.enige voorvalle kan ek dit dus as getuies gebruik indien nodig.kan 45 min op n slag afneem en restart as die rit langer is.die verkeer en polisie moet egter baie meer bewus wees en met arrestasies begin dan sal dinge dalk regkom.dis egter nie net in gp nie maar oral wat die wetteloosheid aan die gang is.ons het ook ons motorfiets verkoop agv die hoe risikovlakke en kan nou nie meer dit geniet nie agv die feit dat ons ons veiligheid eerste gestel het.
my broer sit ook nou met breinskade agv n onverantwoord3like bestuurder wat opgeskorte vonnis va 5 jaar en 3000 boete gekry het.wat n grap……

Ansie ·

Volgens getuies is die mercedes daar gelos en het die beskuldigde weggery saam die ander persoon.
Ek het vir een dag op RSG die berig gehoor, daarna nooit weer nie. Die mercedes se nommerplate kon mos bepaal aan wie dit behoort.
Hoekom het dit in die nuus doodgeloop. Geen name, anders as hierbo is genoem nie. Is ons joernaliste nie veronderstsel om erger as die polisie te wees en die storie gaan oopkrap het nie? Waar is n foto van daardie verlate mercedes?
Aan die seun se familie as jul hier lees, my innige simpatie. Niks sal daardie leemte ooit weer vul nie.
Onthou om n eis by die padongelukke fonds te gaan maak, julle us geregtig daarop. Mens dink nie aan so iets as alles nig so seer en deurmekaar is nie. Dan kan u as ouers ook seker wees die skukdige moet voor n hof verskyn. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.