TV-sakevrou in beskuldigdebank oor taks

Bonang Matheba tydens ʼn onderhoud op Real Talk Azania Mosaka in Steyn City in Johannesburg. Foto: Itumeleng English/ANA

Die glanspersoonlikheid Bonang Matheba se verhoor rakende beweerde belastingontduiking is Donderdag in die Johannesburgse handelsmisdaadhof tot aanstaande maand uitgestel.

Duduzile Robertse, die staatsaanklaer, het die uitstel tot 14 November versoek sodat die verdediging vertoë kan rig.

Matheba word daarvan aangekla dat sy van 2007 tot 2017 versuim het om persoonlike belasting te betaal en maatskappybelasting van 2014 tot 2017 – die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het nie die bedrae betrokke bekendgemaak nie.

Die lasbrief wat verlede Donderdag uitgereik is toe sy nie in die hof verskyn het nie omdat sy in die buiteland was, is teruggetrek nadat sy wel in die hof verskyn het.

Matheba, ook bekend as Queen B, is gewaarsku om op 14 November die hofverrigtinge by te woon, so nie sal sy in hegtenis geneem word.

Die miljoenêr-aanbieder en -sakevrou (31) het haar eerste huis in haar 20’s gekoop. Sedertdien het sy ʼn fortuin verdien as handelsmerkambassadeur en vermoedelik die bes betaalde aanbieder in Suid-Afrika, het die Johannesburgse dagblad The Citizen in 2016 berig.

Sy was in 2013 die eerste ambassadeur buite Amerika van die Amerikaanse skoonheidshuis Revlon en was die Brasiliaanse skoenvervaardiger Ipanema se Afrika-ambassadeur asook ʼn ambassadeur van die wodkahandelsmerk Ciroc.

Op haar dag was Matheba ʼn ambassadeur van Woolworths-onderklere, terwyl haar eie suksesvolle reeks, Distraction for Bonang, reeds jare lank die geld laat inrol.

Sy maak ook ʼn klein fortuin as aanbieder, byvoordeel die R500 000 wat sy luidens berigte in 2016 betaal is om die MTV Afrika‑musiektoekennings aan te bied, het IOL berig.

Haar kêrel, die kletsrymer AKA, het op ʼn keer getwiet hy word tot R130 000 per optrede betaal nadat aanhangers wou weet of hy betaal word om steun vir die ANC te werf.

Matheba het verlede jaar ʼn ooreenkoms met Cell C onderteken waaruit sy volgens The Citizen R3 miljoen sal verdien.

Haar verjaardagparty in Junie verlede jaar het haar R500 000 uit die sak gejaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Daan Erasmus ·

Ek dink die saak moet onbepaald uitgestel word. Sodat die howe tyd beskikbaar kry om politici te vervolg. Dit is baie meer dwingend.

Estie ·

Hoe op dees aarde het hierdie vrou gedink sy en/of haar maatskappy(e) hoef nie belasting te betaal nie?

Foeitog ·

Voorheen benadeelde wat gevoel het as sy ANC stem sal sy nie hoef belasting te betaal nie.

Johann ·

Wel met die dame se bates wat so vooruitstrewend is…. moes sy een of ander stadium opgemerk word?

IK ·

Jan Taks (nog sy naam?) het ‘n geweldige sensitiewe nuus. Tog is die SAID in Vereeniging werklik baie behulpsaam wat ook die sekuriteitspersoneel insluit. Ouer mense en gestremdes staan nie in ‘n tou en word dadelik toegang verleen.

Cherokee ·

Om belasting te betaal op R100 000 is reeds lastig maar om belasting te betaal op ‘n miljoen, wat waarskynlik teen die hoogste kerf sal wees, kan belasbare mense laat wakker lê.

Net ek ·

Ek koop nie haar store nie. N maatskappy word geregistreer met n rekenkundige beampte (ouditeur). En watter ouditeur weet nie van belasting… So dis haar persoonlike belasting, maatskappy belasting, BTW. voolopige belasting, miskien nog LBS, UIF en SDL. Maak n hele paar rand wat jy nie uit jou motor se asbakkie kan haal nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.