TV-sjef se man sterf

Jenny Morris. (Foto: Facebook/Jenny Morris)

Jenny Morris, bekende TV-sjef en radiopersoonlikheid, het Woensdag aangekondig dat haar man, David Morris, Dinsdag weens Covid-19 dood is.

“Dit is met groot hartseer dat ek die afsterwe van my geliefde man, David Morris, kort voor middernag op 13 Julie 2021, aankondig,” het Morris op sosiale media platforms geskryf.

Morris, wat ook bekend staan as “The Giggling Gourmet”, en haar man het albei onlangs met Covid-19 in die hospitaal beland. Albei is in die Netcare Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad opgeneem hoewel sy onlangs ontslaan is.

Sy het gevra vir privaatheid vir haar en haar familie. “Ek gaan nie op enige boodskappe of oproepe reageer nie. Ek waardeer al die liefde en ondersteuning wat ons ontvang het en steeds ontvang.”

Morris was sedert 1997 aan die stuur van sake by ʼn kookskool en het op Suid-Afrikaanse televisiekanale en radiostasies geboer. Sy het ook ʼn kontrak met die internasionale kookkanaal The Food Network gesluit, wat haar die eerste Suid-Afrikaner gemaak het wat haar eie program op dié kanaal aangebied het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willi ·

As jy vra vir privaatheid en jy basiun dit uit in die media is dit nie meer privaat nie. Hoekom hou jy dit nie vir jouself nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.