TV-vrou nie in hof vir bedrogsaak

Bonang Matheba tydens ʼn onderhoud op Real Talk Azania Mosaka in Steyn City in Johannesburg. Foto: Itumeleng English/ANA

ʼn Lasbrief is Donderdag teen Bonang Matheba, televisiepersoonlikheid, radio-aanbieder en sakevrou wat tereg staan op aanklag van bedrog, in die handelsmisdaadhof in Johannesburg uitgereik.

Matheba was nie in die hof teenwoordig nie aangesien sy in die buiteland is.

Staatsaanklaer Duduzile Robertsen het aan die hof gesê Matheba het reeds op 10 September die kennisgewing ontvang van haar hofdatum en is eers op 17 September na die VSA genooi. Robertse het gesê die lasbrief sal eers op 4 Oktober van krag wees, wat beteken indien Matheba nie op dié dag in die hof verskyn nie, sal sy in hegtenis geneem word.

Matheba word aangekla in verband met uitstaande persoonlike belastinggeld van 2008 tot 2017 en vir onbetaalde sakebelastinggeld van 2014 tot 2017. Die presiese bedrag is nie bekendgemaak nie.

Matheba se ouers was wel Donderdag in die hof teenwoordig.

Charl Coetzee vir die verdediging het vroeër gesê Matheba is in New York vir ʼn geleentheid van die Verenigde Nasies en dat sy op 29 September by ʼn Global Citizen-geleentheid teenwoordig sal wees. Hy het aan die hof gesê sy kliënt sal beslis op 4 Oktober in die hof wees.

Volgens hom was Matheba op 10 September, toe sy gedagvaar is om in die hof te verskyn, reeds in New York vir die New York-modeweek.

Phindi Mjonodwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig ʼn lasbrief vir Matheba se inhegtenisneming is uitgereik en dat dit eers op 4 Oktober van krag sal wees. “As sy nie op 4 Oktober [in die hof] verskyn nie, sal die lasbrief van krag wees. Sy is nie spesiaal nie en sy sal nie voorkeurbehandeling ontvang nie,” het Mjonodwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Manie ·

Jy kan maar die hof ontduik. Moet net nie die k woord gebruik dan gaan jy tronk toe sonder enige borg.

Tokkolos ·

Nie voorkeur ontvang nie regtig
Haar kleur is reg om alle voorkeur te ontvang in S.A.

Blommie ·

Sjoe – ek dink daai cups is bietjie klein gesny vir toerusting wat geberg word.
Miskien al begin begroot vir agterstalige skuld om te bespaar met materiaal…

snoefie ·

sy het gedink sy is te belangrik om in die hof te verskyn as sy kan shine in NY.

Johann ·

Gaan seker weer disadvantaged claim… shame. Ongelooflik hoe die regte kleur en status jou vrywaar van wet en orde en onmiddelike vervolging?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.