Twaalf organisasies sê reeds nee vir grondonteiening

afrisake-blitsberaad-grondonteiening-2018-03-07

Dave Stewart van die FW de Klerk-stigting, Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, en Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: Reint Dykema.

“Meneer die president, ons is nie besig om paniek te saai of die oorlogstromme te slaan nie, maar ons is ernstig bekommerd. Die regering se planne vir grondonteiening bedreig nie net wit boere se landbougrond nie, maar ook elke Suid-Afrikaner wat eiendom besit, selfs die 7,5 miljoen swart huiseienaars.”

Só het Dave Stewart van die FW de Klerk-stigting op ʼn mediakonferensie van die sakeregte-waghond AfriSake gereageer op die regering se planne om grond sonder enige vergoeding te onteien.

Die EFF het verlede week ʼn mosie oor ʼn grondwetwysiging vir grondonteiening sonder vergoeding voorgestel en dit is deur die ANC gesteun. Die mosie het in die parlement geslaag en sedertdien ʼn herrie in die media en op sosialemediaplatforms ontketen.

Sowat 12 burgerregte-organisasies en politieke partye, wat almal gekant is teen die mosie, het op uitnodiging van AfriSake Dinsdagoggend ʼn blitsberaad in Centurion gehou. Planne is tydens die beraad bespreek oor hoe eiendomsreg beskerm kan word en hoe die organisasies en partye hulleself beter kan organiseer om die beplande grondwetwysiging teen te staan.

“Pres. Cyril Ramaphosa het net ʼn paar weke gelede in Davos gesê Suid-Afrika is nou weer oop vir besigheid, maar nou sien ons die land is pas weer gesluit vir besigheid met dié planne,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, gesê.

Le Roux meen onteiening sonder vergoeding sal lei tot ekonomiese agteruitgang, maatskaplike probleme en ʼn veel onstuimiger politieke landskap.

“Ons sien nou ʼn nuwe politieke landskap wat na vore tree waar radikale idees wat voorheen as verregaande afgemaak kon word, nou die nuwe hoofstroom-gedagtes geword het. Dit is kommerwekkend. ”

Le Roux het verder gesê eiendomsregte is die basis van ʼn gesonde burgerlike samelewing en daarom is talle burgerregteorganisasies met reg bekommerd oor die grondonteieningplanne.

Stewart meen die mosie is een van die veelseggendste verwikkelinge sedert 1994. “As eiendomsreg in Suid-Afrika eers verwater is, is daar geen versekering vir mense se huise, aandele of maatskappye nie. Alle Suid-Afrikaners sal onder die ekonomiese bedreiging ly.

“Mense sal nie in ʼn land belê wat nie hul belegging beskerm nie. Mense gaan ook nie maatskappye of fabrieke in ʼn land bou wat nie hul eiendom beskerm nie.

“Ons het gesien wat het gebeur toe eiendomsregte in Zimbabwe vernietig is. Meeste Zimbabwiërs kon darem terugval op bestaansboerdery omdat die land nie so verstedelik het nie, of het werksgeleenthede in Suid-Afrika kom soek.

“Ons het nie dieselfde opsies indien die Suid-Afrikaanse ekonomie sou vou nie.”

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê die belangrikste lesse wat geleer kan word uit Zimbabwe is dat ʼn aanval op eiendomsregte eintlik ʼn aanval op werksgeleenthede is.

“Ons praat nie nou hier van ʼn blote herverdeling van grond nie, maar van ʼn nasionalisering van alle land.”

Buys het ook gesê die nuwe verwikkelinge hou ʼn gevaar vir pensioenfondse in omdat talle van die fondse in eiendom belê is.

“Ons staan voor die keuse tussen ʼn vryemark-ekonomie en die bewese mislukkings van sosialisme. Die EFF en ANC se mosie is nie ʼn plan vir grondrestitusie of -herverdeling nie, maar suiwer nasionalisering. Ons ken daardie resep en dit werk ongelukkig nie. Suid-Afrika kan nie dieselfde pad as Zimbabwe of Venezuela stap nie,” het Le Roux bygevoeg.

  • Die parlementêre grondwethersieningskomitee het nou tot en met Augustus om aan te dui hoe daar uitvoering gegee sal word aan die ANC en EFF se mosie.

AfriSake se blitsberaad is onder meer deur die DA, VF Plus, ACDP en Cope, asook die Solidariteit Beweging, AfriForum, die Helen Suzman-stigting, die Vryemarkstigting, TLU SA en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede bygewoon.

Die organisasies sal binnekort nog gesprekke hou om hul plan van aksie verder te koördineer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lee ·

Glo my ons President gee nie ‘n vlenter om oor die boere nie. Vir hulle gaan dit net oor stemme en hoe meer stemme die ANC en EFF kry hoe beter vir hulle. Hulle gee nie om of ons land gaan verval soos Zimbabwe nie want hulle ry die gravy train al die pad. Hierdie gaan SA baie skade aanrig maar hulle is te dom om dit te sien. Sou hulle vir hulle mense grond gee hoop ek ook die ooreenkoms is dat hulle moet voedsel lewer en nie net plak en als afbrand en verwoes soos wat hulle altyd maak nie. Glo my ek ken baie boere en ek wil nie in hulle skoene staan nie dis baie harde werk.

Danie ·

Die tragiese gedeelte is dat in besonder het AfriSake en AfriForum al oor ‘n lang tydperk (dit kan al 10 + jaar wees) begin waarsku dat hulle sien dat dit stadig maar seker besig is om te gebeur. Ongelukkig het die gemaksugtiges en die wat baie naïef is, hulle talle kere afgeskiet met belaglike beskuldiging. Hulle het natuurlik ook geen bydrae gemaak (en sal heel waarskynlik ook nooit) om te help om daar teen te stry nie. Natuurlik verwag hulle om die volle voordeel uit die aksie van genoemde organisasies te trek. Nou kom daar net nog ‘n belaglike beskuldiging by: “Too little. Too late” .

anti vergrype ·

Sorry ou ramaposa – jy het baie vinnig die toets gedruip…………………

Werner ·

Hierdie organisasies sal dit in elk geval nie kan keer nie hulle kan maar nee van die kranse ook af skree sal niks help nie

DAVID ·

Malema wil hierdie wetgewing deur druk sodat hy sy plaas kan terugkry wat op n veiling verkoop is omdat hy geld geskuld het dis al

ANDRE ·

Hy wil nie net sy plaas terug he nie ………sommer die bure s’n , sy prokureur s’n sy skoonpa s’n…………en en en .

Casper Labuschagne ·

Inteendeel, die tyd vir paniek is juis nou. Die Judasbok in die gestalte van Ramaphosa is besig om ons van die trein af te lei na die drukgang toe waarna die slagter vir ons wag. Tensy ons nou wegspring is dit gans te laat as ons eers in daardie drukgang is.

In ‘n oogwink kan miljoene wit mense sonder heenkome op straat sit in hierdie scenario: Daar is bitter min persone wat nie ‘n verband op hul eiendom het nie. As daardie bate verloor word agv onteiening sal die betrokke bank daardie verband beskou as ‘n lening sonder sekuriteit wat onmiddelik terugbetaalbaar is. Daarna volg die bank die regsproses om die skuld in te win. Dus verloor die slagoffers van onteiening hul grond, al die geld wat hulle alreeds in die grond ingesit het, asook feitlik alles wat hul verder besit om die bank se skuld te delg.

Ons moet onsself nie bluf nie – die eintlike motivering vir onteiening is nie dat die wit meerderheid steeds op daardie eiendom sal bly nie

Eish ·

Ek is baie ernstig bekommerd indien die besorgde organisasies nou eers begin om ernstig bekommerd te raak.
” … ons is nie besig om paniek te saai of die oorlogstromme te slaan nie…”
Woordgimnastiek wat slegs beteken, ons gaan niks aktivisties doen nie, maar op die ou trant n paar hofsake wen todat arikel 25 gewysig is, en dan weer bloedneus gefoeter word en dan net ons krokediltrane plaaslik bottel.
Ons as Kaukasiese Afrikaansprekendes, Engelssprekendes, ja en née stemmers, ja, selfs die liberale blankes soos Jors Beestrok ( George Bizos) is by hul Simson opsie.
Tyd van warra-warra is verby.
Die tyd om Standard en Poor, Moodeys, Trump, die Europese Unie, die VN en elke Westerse regering by elke geleentheid te oordonder met ons saak vir oorlewing en om die gewone burgers diep bewus te maak van die sluipmoord op al wat wit is. Kry n potklok (Bell pottinger) in elke teikenland en doen iets asb.

bgj van der westhuizen ·

wel die boere moet maar vir hulle werkers begin se dat as die staat die plaas wat hulle sonder werk is en sonder heen kome is ook en die ander kleur mot weet as hulle eers die wit se goed wat dan hulle sin ook later suid afrika raak wakker

KAS ·

Kyk maar na alle lande waar onteiening plaasgevind het Armoede en hongersnood is aan die orde van die dag.Kyk maar na die lande waar blenkes terug verwelkom is Botswana,Zambie en Mozambique is maar net ‘n paar waar dit goed gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.