Twaalf sterf in gru-botsing in Noordwes

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

Twaalf mense is Woensdag dood in een van die dodelikste botsings nog hierdie feesseisoen.

Kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder van Noordwes, het gesê die trompopbotsing het omstreeks 17:00 op die Vryburg-Ganyesapad plaasgevind.

“Volgens die inligting wat ons in hierdie stadium beskikbaar het, het ’n Chevrolet Captiva met tien insittendes met ʼn Toyota Hilux met drie insittendes reg van voor gebots,” het hy gesê.

“Die drie volwassenes en sewe kinders wat in die Captiva was, is almal op slag dood. Twee volwassenes in die Hilux is ook op die toneel dood terwyl ʼn 10-jarige seun kritieke beserings opgedoen het.”

Volgens Mokgwabone was die tien mense in die Captiva almal familie wat op pad was na die onthulling van ʼn oorlede familielid se grafsteen. Hy kon nie bevestig of die persone in die Hilux familie van mekaar was nie.

“Ons sukkel nog om die oorledenes te identifiseer en daarom kan ons nog geen name bekendmaak nie. Sodra al die naasbestaandes ingelig is, sal ons meer inligting kan gee,” het hy gesê.

Teen Donderdagmiddag was die beseerde seun nog in ʼn ernstige, maar stabiele toestand in die hospitaal.

‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bach ·

Teen wie word strafbare manslag ondersoek as seun enigste oorlewende is?

Nick Putter ·

Nou vra jy. Seker die dooie wat aan die verkeerde Kant very het! Of waarskynlik het oorledene bestuur ?

Christie ·

Baie trains! Wie word aangekla van strafbare manslag? Almal is oorlede?

SNEL ·

Dis vreeslik, om tien mense in een familie op een slag te verloor, en die 10-jarige seun in die bakkie, met die twee volwassenes…dis seker sy ouers wat oorlede is. Baie tragiese. Die paaie is so besig die tyd van die jaar, pleks mense meer fokus om by die padreëls te hou en na hulle spoed kyk. Dis nie nou tyd vir kanse vat of jaag nie. Wens hulle wil mense se bestuurders lisensies wegvat wat ander se lewens in gevaar stel en die wat onwettige lisensies het moet vir jare tronk toe gestuur word. Hulle speel met ander mense se lewens.

ja ·

Dis juis die probleem…. so baie van hulle ry sonder lisensies rond….

Peet Schabort ·

Wat het van die blouligongeluk geword naby Carolina?

Chris W ·

Ons sit met mense wat nie KAN bestuur nie en nie op die paaie hoort nie.Dis tyd dat ons almal “dash cams” instaleer in ons voertuie om skuldiges aan die pen te laat ry.Te veel mense gaan op sperstrepe teen blinde hoogtes of voor draaie ander voertuie verby en kom skotvry weg daarmee tot eendag wanneer hy onskuldige mense vermoor met SY wets oortreding optrede.Dan kort ons spoed lokvalle elke 5-10km op hoofroetes en snel wee deur die land heel jaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.