
Argieffoto
Twee tienermeisies (albei 17) is in Limpopo in hegtenis geneem vir twee onderskeie aanklagte van moord.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê in die eerste geval is die meisie (17) in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 21-jarige man in die Sofaya-nedersetting omstreeks 01:00 vanoggend.
“Die verdagte was na bewering op pad na ʼn kuierplek toe ʼn man haar wou verkrag. Sy het terugbaklei, hom oorrompel, ontwapen en doodgesteek,” het Ngoepe gesê.
Die man is later langs die teerpad gevind toe hulle patrolliewerk in die omgewing gedoen het. Hy het verskeie steekwonde oor sy lyf gehad.
“Die verdagte het haar aan die polisie oorgegee Sondagoggend en sal Maandag in die Lenyenye-landdroshof verskyn,” het Ngoepe gesê.
Die polisie se ondersoek duur voort.
In Thohoyandou is nog ʼn 17-jarige intussen in hegtenis geneem vir die moord op haar ma (60) in die Tshivhungulu-nedersetting.
“Die ma het na bewering met die dogter geraas omdat sy nie skool bygewoon het nie. Die verdagte het haar ma oorrompel, geskop en daarna gelos waar sy op die grond lê,” het Ngoepe gesê.
Die vrou is na die hospitaal geneem, maar het later aan haar beserings beswyk. Die voorval het 6 Junie omstreeks 16:00 plaasgevind. Die verdagte sal binnekort in die Thohoyandou-landdroshof verskyn.
Die polisie het bygevoeg dat ouers hul kinders moet oppas en byvoorbeeld nie toelaat dat hul 17-jariges alleen in die aand na ʼn kuierplek toe stap nie. “Dit is totaal onaanvaarbaar.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Maroela, hou ons asb op hoogte rakende die eerste meisie. Sy behoort nie in hegtenis geneem te gewees het nie. Die ou het bloot sy moses teengekom en sal nou nie weer iemand kan probeer verkrag nie.
Omw het eerste een moeilikheid verwag dat sy bewapen was of het sy sy wapen afgevat? Tweede een ek hoop jy vrot in die tronk
Wonderlik weereens word die girl veroordeel. Waar kom jy daaraan dat dit vir geld was? Dis belaglik om altyd die slagoffer te blameer altyd verskoning te maak vir die lamsakkige mans wat net nie hulself in toom kan hou nie. Wat het geword van vryheid van beweging
no.1 erg hartseer
no. 2 tragies
Ek sien nie hoe kan die polisie versoek dat ouers hulle kinders belet om in die nag in die strate rond te le, as n ma doodgeskop word oor sy waag skool bywoning aangespreek het nie. Dit is te gek vir woorde.