Twee aangekeer wat glo diesel steel

Twee verdagtes, onderskeidelik 31 en 33 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die besit van vermoedelik gesteelde diesel en op aanklag van die peuter met en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.

“Beamptes van Fidelity Security het Woensdag die pyplyn in die Vrede-distrik in die Vrystaat patrolleer toe hulle ʼn verdagte bakkie en ʼn klein tenkwa opgemerk het,” het ao Lynda Steyn, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê. “Die veiligheidswagte het die voertuig agtervolg en die verdagtes het weggejaag toe hulle besef hulle word agtervolg.”

Die veiligheidsbeamptes het hulle agternagesit en die tenkwa het omgeslaan. “Die twee verdagtes het in die veld ingehardloop, maar die beamptes kon hulle voorkeer.”

Beamptes het beslag gelê op die bakkie, die tenkwa vol diesel en ʼn lang geel pyp wat in die pyplyn gevind is wat gebruik is om die diesel te dreineer.

Die Valke stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Androclus ·

Nee waar gaan hulle,hulle broers straf dis dan deel van hulle(korrupte planne)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.