Twee aangekla ná vroue kaal moet uittrek by werk

Topbet se Germiston tak. Foto: www.grandgaming.co.za

ʼn Saak van seksuele aanranding word ondersoek ná vrouewerknemers van die Topbet-dobbelonderneming glo gedwing is om hul klere by hul werksplek uit te trek om deursoek te word.

EWN berig sowat 20 vrouewerknemers is by die onderneming se Germiston-tak ondersoek omdat daar glo ʼn klein hoeveelheid menstruele bloed in een van die personeelbadkamers aangetref is.

Dominique Luden, een van die direkteurs van Topbet, het aan Maroela Media bevestig die kwessie is in Februarie, twee dae ná die voorval, deur ʼn senior werknemer onder hul aandag gebring.

Volgens haar is daar onmiddellik ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

“Die ondersoek het daarop gedui dat dié onmenslike en vernederende ondersoek deur een van ons vroueskoonmakers uitgevoer is in opdrag van een van ons vrouetakbestuurders sonder die kennis of magtiging van die Topbet-bestuur,” het Luden gesê.

Luden sê as maatskappy wat deur vroue besit en bestuur word, is vroueregte en hul werknemers se grondwetlike reg op waardigheid, vryheid en veiligheid vir hulle baie belangrik. “Ons is verslae oor die voorval.”

Sy beweer ouer en swanger vroue is nie deursoek nie.

EWN berig egter dat ʼn 52-jarige werknemer glo gesmeek het om nie deursoek te word nie omdat sy reeds deur die menopouse is.

Sy het beweer die soektog is uitgevoer ná niemand verantwoordelikheid wou aanvaar vir die bloed in die badkamer nie. Die bestuurder het toe glo opdrag gegee dat alle vrouewerknemers kaal moet uittrek en ondersoek moet word om vas te stel of hulle menstrueer.

Volgens Luden is daar individuele onderhoude met elke werknemer gevoer en het hulle erken dat hulle nie fisiek aangeraak is nie, maar wel ongelooflik ongemaklik was met die vernederende proses.

Die betrokke takbestuurder is onmiddellik geskors. Die bestuurder is volgens Luden reeds voor die skorsing in hegtenis geneem nadat dieselfde werknemer wat die voorval onder hul aandag gebring het ook ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak het.

“Tien dae later het ons vasgestel nóg ʼn klag is deur die werknemer ingedien teen een van die skoonmakers wat betrokke was by die voorval.”

Luden het gesê die fluitjieblaser is ook tydelik geskors, maar het nie onmiddellik redes vir haar skorsing verskaf nie.

Kapt. André de Jager, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat twee verdagtes reeds in die Germiston-landdroshof verskyn het op ʼn klag van seksuele aanranding. “Die verdagtes is op borgtog vrygelaat en sal weer op 29 Maart in dieselfde hof verskyn.”

Volgens Luden sal daar berading aan die werknemers gebied word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

WAT? ·

Hoe siek is dit dat ‘n ander VROU haar mede vrouens soos dit behandel! Maak ‘n plan, dis onaanvaarbare gedrag.

Ray ·

Maar dan ook bygese, dit is vernederend. In al die jare wat ek verkope doen was daar 2 aanlegte waar ek heeltemal moes ontklee en verby een rigting spieëls loop, sonder enige klere/ handdoek of enigiets van die soort.

1. Jy weet nie agter die venster staan nie
2. As besoeker het jy geen keuse of reg
3. Ten minste ‘n handdoek deur hulle verskaf sou menslik wees

Ongelukkig word hierdie goed gedoen en jy is oorgelaat aan die genade van die eienaar/ aandeelhouers van die onderneming.

Anoniem ·

Ray, by watter aanlegte was dit?? Watter tipe verkope was dit – diamante??

Hunter ·

Hoekom is die fluitjie blaser geskors…? Die tak bestuurder was heel ontakt en van die pad af.. Sy moet ook maar uit trek en wys! Sulke tipes hoort nie in sulke posisies nie. Com. Jammer vir die girls se vernedering.

DAVID ·

Dit is uiters skokkend dat die tipe gedrag geduld word,geen vrou kan so verneder word nie.Wat het van wedersydse respek geword?Dit is in my oppinie n krimenele oortreding.Alle mense moet met waardigheid en respek behandel word.

Sandra ·

Kommerwekkend dat vroue nie weet hoe om higiene op hulle werkplek of op hulle self toe te pas nie.

Arsène Lupin ·

Sandra – verstaan nie eintlik wat jy bedoel met jou kommentaar nie. Ek is seker dat wie ookal die “skuldige” een was dit regtig net met opset gedoen hetnie. As ‘n vrou vind ek dit nogal moeilik om te sluk dat jy jouself of selfs jou dogter nognooit ‘n “glips” gehad hetnie.

VanAfrika ·

Arsene Lupin

k verstaan Sandra se aanmerking. n Paar jaar terug het n vroue werknemer by ons een middag toilet toe gegaan. Sy het al oor die toilet ontlas, dit het teen die kante afgeloop en op die vloer gemors. Sy het nie eens probeer om dit self skoon te maak nie, het dit net so gelos vir die skoonmakers die volgende oggend. Hulle het dit rapporteer en het op die kamera in ontvangs gesien wie laaste in daardie toilet was. Hulle het vir haar n emmer en lap gegee om te gaan skoon maak. Daar is vroue wat geen respek het vir hul self hygiene nie, ek het dit al met my eie oë en ore gesien.

Janine ·

Ek stem absoluut saam. Daar is niks meer walglik as om ‘n badkamer te betree waar iemand nie agter hulself kon skoonmaak nie! SIES! Mens word tog vroeg geleer om seker te maak dis skoon agter jou. Dit regverdig natuurlik glad nie die vernedering wat die vroue moes deurmaak. Miskien volgende keer seker maak dis skoon. En NEE! Geen opgevoede vrou maak sulke “glipsies” nie. Genade. My dogters is opgevoed en weet mens maak seker jy het nie gemors nie.

Tanzie ·

Ek het nog nooit in my lewe so belaglike storie gesien nie. Ek sou eenvoudig geweier het om my klere uit te trek.

Piet ·

Wil nie stupid klink nie Arsene, maar wat is siek? Die feit dat iemand se persoonlike higiene in die jaar 2018 so swak kan wees? Die feit dat iemand so blaps maak en dit dan vir ander mense los om skoon te maak, of die feit dat iemand hulle laat uit trek, of al die bogenoemde?

Arsène Lupin ·

Piet dit is sieklik en walglik om te dink dat vrouens kaal moes uittrek om sodoende die skuldige persoon te identifiseer. Ek sal instem om te sê dat die vroue agter huself moes kyk, en skoonmaak – maar wraggies om hulle te laat uittrek, dit isnie aanvaarbaar nie.

honourable member ·

Hierdie is nou so lagwekkend. Kan daar nou so drama wees oor so iets. Moet mense nou so verneder word.

Danie ·

Ek kan nogal verstaan hoekom ‘n skoonmaker moeg raak om ander se gemors op te ruim. Ek vermoed dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Hoe kan ‘n mens wat by sy volle verstaan is bloed mors (veral menstruele bloed) en dit nie self skoonmaak nie. Dit is jou bloed. Jy maak dit skoon. Wat van die persoon wat dit skoon moet maak se waardigheid.

Ek vermoed daar is dalk ‘n waarskuwing gemaak dat as dit weer gebeur die skuldige gesoek sal word maak nie saak hoe nie.

Yvonne ·

Ek lees die artikel en al die kommentaar en , vir wat dit werd is net die volgende byvoeg: Dit is inderdaad so dat nie almal badkamers los in die toestand wat ‘n mens sou verwag nie maar om enige een te forseer om te erken dat sy verantwoordelik was en dan , as niemand na vore kom ‘n fisiese ondersoek te laat doen is absoluut absurd en vernederend. Ons praat nie hier van diefstal en ‘n deursoeking van items of persoon nie. Kon die bestuurder nie maar net almal aangespreek het en weer badkamer higiene benadruk het , en dat almal mekaar in ag moet neem nie. Laat dit skoon maak en los dit daar. Die detail is ook baie vaag, dit kon regtig waar per ongeluk gewees het. Kom aan dames ons almal was al daar ” seker goed gebeur ” en sonder al die detail kan ons nie net aanneem dat iemand in die geval morsig was nie.

RESPEK ·

Dit sou nie gebeur het as dit’n eerste en klein insident was nie. Mense luister nie, die toilette is gruwelik bemors in sommige gevalle, ek kan vir julle fotos stuur wat julle hare op julle rue laat regop staan. NEE jy kan nie iemand verneder deur hom kaal uit te trek nie . .maar wragtie .. DWING dan die spul om rubberhandskoene aan te trek en die toilette te gaan skoonmaak. EK het al baie by ‘n toilet gekom wat EK NIE KAN GEBRUIK NIE .. en moenie my vertel as jy terugkyk sien jy NIKS nie .. jy wat se NIEMAND het nog gemors nie is reg .. JA ‘n kind of vrou of dogter het al gemors .. MAAR JY MAAK DIT SKOON .. NIKS gebeur sonder dat jy weet daarvan nie . en ja ek is ‘n vrou . en ‘n skoon vrou . en higienies op myself en my omgewing . so GEDRA JOUSELF En hou op mors en mense sal jou respekteer.

Vermeende ·

Ja Tigerbrands is nie die skuldiges nie, dit is gebeur as jy handel van die eerste wereld af skuif na die BRICS lande toe.
Hierdie is die gevolg van die regering met sy opsessie oor komunistiese state.

Louisa ·

Wat ek nie verstaan nie, is, hoe sien n vrou nie dat sy so gemors het nie? Mens kyk mos of jy n plek so skoon laat soos jy dit gekry het.

Millie ·

Louise ek moet ongelukkig heelhartig saam met jou stem. Ons is ook ‘n hele klomp dames wat dieselfde geriewe moet gebruik en ek voel partyeer om iemand se kop in ‘n toilet te spoel oor die toestand waarin die plek gelos word. Nee jitte man!! As jy dit skoon kry, los dit skoon

Speedguard ·

So al die dames “Mors” nou elke maand, waarom moet dit MORS noem, weet julle nie dat daar dames is wat nie die doekies kan bekostig nie, so watse plan hul ookal maak gaan hul ,hul buitendien blootstel aan vernedering deur moontlik te “MORS”, hoe bly is ek ,ek het my dogters as alleen ouer (MAN) grootgemaak met respek en nie die aansien as gemors nie, wat van al die mans wat op die toilet sitplkekke pee en dit nie eens kan afvee nie, om niks te se van die “Floating Trophy’s nie sies man , aan al die dames wat so blootgestel word sterkte en vir die wat uit moes trek ,dagvaar die HEL uit hulle uit, Die bestuur is verantwoordelik vir dit wat op hul perseel aangaan…………….Skande die “mense” wat ander so verneder en verkleineer!!……………….sies man!!!

anoniem ·

Wat op aarde het ek net gelees?
Dis nie eers n vraag nie, dis bloot onanvaarbaar!

En vir julle wat dink dis regverdig oor sommige vrouens hou nie badkamers skoon nie, om alle vrouens nou só te verneder is nie die oplossing nie!
Jy sou seker nie só gevoel het as dit met jou, jou dogters of vrouens gebeur het.
Sê my hoe jy sou reaggeer as jou dogter se onderwyseres haar kaal uittrek as daar bloed innie badkamer gevind is?

$ ·

Ek stem saam, anoniem. Soveel kommentare gee te kenne dat wie ookal die badkamer vuil agtergelaat het, dit in ‘n mate verdien. Maar wat van elke ander vrou wat ook aan die vernedering onderwerp is? Omdat een persoon die bestuur en skoonmakers omgekrap het, moes almal – skuldig en onskuldig – aan die mees laakbare vernedering onderwerp word. Dis net soos diegene wat al die kinders pak slae gee as die skuldige kind weier om skuld te erken, of die onderwyser wat die hele klas straf omdat een of twee kinders hulle nie kan gedra nie.

Die ‘ondersoek’ wat uitgevoer is, is uiters onsensitief, arrogant en onverskoonbaar. Ek vind dit ondenkbaar dat enigiemand dit kan goeddink om ‘n vrou só te verneder.

Moeg vir morsig ·

Ek stem saam met Speedguard.Ek hou ook glad nie van n vuil toilet nie ek kyk altyd of ek iewers gemors het.Selfs n oop toilet deksel is vir my n probleem,as ek verby n toilet loop.Daar kan nie gediskrimineer word teen vroue se toilet maniere nie.Ek het al vele publieke toilette asook huishoudelik gesien waar stoelgang teen kante vassit nadat iemand dit gebruik het.Meeste en en veral manlike persone maak nie altyd agter hul skoon nie..Ek vervies my baie as ek op n vuil toilet moet gaan sit waar ontlasting nog aan kante vassit.Daar is mos wasbakke in meeste gevalle as jou hande per ongeluk daaraan raak as jy skoonmaak.Dis immers jou eie ontlasting en behoort nie so n erg te wees as vir die ou wat daar moet skoon maak nie.Ek weet ek het nou afgedwaal van die punt af maar wil graag die geleentheid gebruik oor dit wat my al so lank grief.Nietemin gee dit enige iemand die reg om daardie vroue so te verneder nie. Vroue het ook hul eie reg en menswaardigheid word sodoende aangtas. Watse skade word hul aangedoen.Dit wil my se dat daardie werknemer/s bang was vir bestuur daarom wou skuldige nie na vore kom.Dis siek van die bestuur.

kas ·

Ek sien hierdie onderwerp as ‘n wors met twee punte.Daar is argumente tot simpatie van die vrouens wat heelremal gegrond is maar die ander argument is ook gegrond.Vrouens moet tog skoon wees tydens die tyd.Ek het ‘n vrou en dogter en nooit in ‘n gemors vas gekyk nie.Die bestuur het die aangeleentheid nie reg hanteer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.