Twee aanvallers doodgeskiet ná aanval op Vrystaatse plaas

(Foto: pixabay)

Die Vrystaatse polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en moord ná ʼn aanval op ʼn plaas in die Tweespruit-omgewing, naby Ladybrand, Sondagoggend.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê ʼn man wat die plaas besoek het, het omstreeks 07:00 ʼn groep mans sien naderkom.

“Een van hulle het ʼn vuurwapen op hom gerig en hom terug in die huis gedwing waar twee kinders, ʼn seun en ʼn meisie, en hul ouma reeds met ʼn mes gedreig en beveel is om plat te lê,” het Mbambo gesê.

Volgens Mbambo het ʼn skietery tussen die huiseienaar, wat volgens haar in sy 70’s is, en die verdagtes uitgebreek.

“Twee verdagtes is doodgeskiet,” het sy gesê.

ʼn Derde verdagte is beseer, terwyl nóg ʼn vermeende betrokkene kort daarna in die omgewing met die hulp van plaaslike boere aangekeer is. Hy het ná die aanval glo te voet gevlug.

“ʼn Selfoon wat glo tydens die rooftog gesteel is, is in sy besit gevind.”

Mbambo het gesê dit is in dié stadium nie duidelik presies hoeveel aanvallers betrokke was nie.

Die beseerde verdagte is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.

Nie een van die slagoffers van die aanval is beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jdb ·

Van watter rasgroep was die aanvallers en die slagoffers? Waarom word dit net genoem wanneer die aggressor wit is?

Kanjynoumeer ·

Een van die grootste uitdagings is die yl verspreiding van mense op plase. Boerdery het n baie gevaarlike beroep in Suid-Afrika geword.
Regerings erken nie sommer dat hulle misluk het nie. Soos ek al gelees het, ons kan die boere van die land red, maar nie die land en die boere nie.
Gevaarlike tye.

Anoniem ·

@marius, self verdediging is n verweer in terme van ons kriminele regstelsel en was so oor die eue heen. N persoon word nie net vrygespreek as hy noem dit was self verdediging nie en waar daar n verlies aan lewe was nie. Die oom word interme van die kriminele reg aangekla vir moord want dit is standaard proses en as hy sy storie (verweer) in die hof deurgee sal hy deer die hof vrygespreek word op self verdediging. So moenie emosioneel raak as jy lees van n moord aanklagte nie maar probeer eerder die stelse verstaan.

Kerneels ·

Dankie dankie dankie, liewe oom, dat jy die tannie en kinders beskerm het.

Porseleintjie ·

Moord?? Dan moet die slagoffers blank wees. Ons leef werklik in die tyd dat reg verkeerd en verkeerd reg is.

TRP ·

Ek is bevrees dit is maar hoe dit hanteer moet word, veg vir jou eie lewe, want niks kom tog van enige plaasaanvalle nie. Dit raak net erger by die dag.

Nico ·

Nou gaan die Oom aangekla word vir moord en die verdagte word gratis behandel in die hospitaal, waar is die regverdigheid. Die wittes word ontwapen met al hierdie vuurwapen regulasies.

gatgogga ·

Less Theo se verduideliking.
Ons begin klink soos ‘n klomp kalkoene wat kekkel in ‘n kamp wanneer iemand teen die draad skop.

Anoniem ·

Daar moet nou duidelik vir Ramaphosa vertel wortd dat daar jag gemaak gaan word op hierdie plaas aanvallers en moordenaars

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.