Twee adjunkpresidente dalk die antwoord, sê Zuma

Pres. Jacob Zuma by die ANC se nasionale beleidskonferensie in Johannesburg (Julie 2017). Foto: ANA

Pres. Jacob Zuma het Woensdag voorgestel dat die verloorder in die wedloop om die posisie as ANC-president by die party se verkiesingskonferensie as ʼn tweede adjunkpresident aangewys word.

“In die gees daarvan om faksievorming te bestry, het ʼn aansienlike hoeveelheid comrades voorgestel dat ons ʼn volwasse en gesonde manier kry om die wedywering van leierskapposisie polities te bestuur in aanloop tot die 54ste nasionale konferensie [in Desember],” het Zuma gesê. Die president het vandag sy slottoespraak gelewer by die ANC se nasionale beleidskonferensie in Johannesburg.

“Ons het uit die vorige twee nasionale konferensies geleer dat die faksiegedrewe ‘wenner vat alles’-houding nie in die beste belang van die ANC is nie. Dit is die moeite werd om te herhaal wat ek in my openingsrede van hierdie konferensie gesê het – ons beweging het al baie talentvolle en bekwame comrades, in wie ons aansienlik belê het, verloor weens faksies binne die party,” het Zuma gesê.

Zuma het gesê die ANC moes dus ʼn manier kry sodat lede nie veldtogte dryf “asof daar nie ʼn dag van môre is nie”.

“Een voorstel is om ʼn konsensus in die strukture van die ANC te bou dat kandidate wat vir amptelike posisies verkiesbaar staan, moet deel vorm van die groter leierskap, selfs as hulle verloor,” het hy gesê. “ʼn Praktiese manier om ʼn einde te bring aan faksievorming is as takke ʼn voorstel oorweeg dat ʼn tweede adjunkpresident [bykomend tot die adjunkpresident wat by die verkiesingskonferensie verkies word] gekies word, sodat die kandidaat wat die tweede meeste stemme gekry het vir posisie as president, ook ingesluit word.”

Hy het gesê die “konsensus” binne die ANC is dat die regerende party nie meer leiers kan verwerp wat deur ʼn aansienlike hoeveelheid lede gekies is om te lei nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Nee wat ·

Vir enige persoon wat sukkel met hardlywigheid, lees hierdie berig…

Say what? ·

My mond hang oop……………… Ek het nie woorde nie.

Johan. H. ·

Ja dis die antwoord,,, Dan kan julle dubbel soveel steel jou,,,,,DIS MAAR NET N MANIER VAN SELFFERYKKING ONDER JOU CHOMAS!!!

Stiena ·

Dit blyk Zupta maak nou al voorsiening v ingeval x vrouliefie nie die paal gaan haal nie……

Johann ·

Whahhahahahhaa!!!! Zuma? Jy kah nie tel nie! Jy gaan BAIE meer “poste” moet skep om AL jou handpoppe en Zupmaikies terug te betaal vir hulle blinde navolging van jou vergrype…OF om genoeg van jou backup te bemagtig om jou skelm g… uit die tronk te hou! DESPERAAAAAAT!!!!!!

Daleen ·

Ons sal teen die koers een van die dae bloeddruk medikasie saam met pensioen uitbetalings kry want geen normale mens se bloeddruk kan die snert hanteer nie.

al ·

Goed gesê! Om nie eens betaal vir die ekstra salaris waarvoor belastingbetalers moet opdok nie. Hy wil definitief sy eksvrou iewers indruk om sy magsbasis te behou.

Vryheid ·

Al kry die anc 600 adjunkpresidente sal niks verander nie, en geleer is nie in die anc se woordeskat nie. Die anc LEWE in hulle eie wêreld.

Arie ·

Wanneer kry ons vir ‘n slag goeie nuus? Vandat zombie en die guptas oorgeneem het bestaan daar nie so iets nie

CHRISTA ·

Dit is Zuma se slinkse manier om Ramaposa uit te skuif!! Hy is VREK bang Ramaposa gaan hom opvolg!! Ek wonder net HOEKOM hy so bang is vir Ramaposa . . .

Wouter ·

Omdat hulle faksie twis het moet die blasting betaler nou weer uithaal en wys SIES MAN!!!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het nog altyd gedink Zuma praat twak maar hierdie keer maak sy uitlatings vir my sin. Die twee verkiesbares wat teenoor mekaar testaan kom en wie ook wen is die een in die erste pos en die verloorder die adjunk Slim plan.

pieter ·

JULLE DINK ZUMA IS DOM,HY WEET “IT TAKES TWO TO TANGO”

Santie ·

Zuma weet sy kandidaat, namens sy X vrou, gaan die pyp nié rook nie. Sy praat nie, en die mense weet nie wat in haar kop aangaan nie. Almal weet Ciryl Ramaposa is ‘n knap en eerlike besigheidsman en is ‘n baie beter kandidaat as sy. Nou wil hy skielik hê albei kandidate moet bly? Hy is besig om ‘n plan te beraam dat sy X “in” bly. Sy sal dans na sy pype. Hy bly immers die pa van haar kinders. Nog kantore, nog sekuriteit nog, nog, nog…..Wie betaal? Ek en jy!

SARIE VAN HEERDENs ·

Ja Santie, Zumais ook die pa van hoeveel ander waarvan ons weet. Ramaposa is ‘n knap besigheidsman maar ek wonder hoe het hy in so min jare so ‘n groot empire opgebou. Wie kan ons vertel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.