Twee afgedank ná bejaarde gestamp is

‘n Skermskoot uit die video van die voorval by die Ons Tuiste-sentrum in Bloemfontein. (Video: Facebook)

Twee personeellede van die Ons Tuiste-oord vir bejaardes in Bloemfontein is afgedank nadat ʼn bejaarde gestamp is, geval het en ʼn noodoperasie aan haar arm moes ondergaan.

ʼn Kombuiswerker en ’n verpleegkundige is ná ʼn interne verhoor skuldig bevind en hul dienste is met onmiddellike effek beëindig, het De Wet Claassens, uitvoerende hoof van Engo, bevestig. Ons Tuiste is ʼn deel van die Engo-welsynsorganisasie.

Volgens Claassens is die kombuiswerker skuldig bevind aan die aanranding van ʼn bejaarde terwyl die verpleegkundige skuldig bevind is aan growwe nalatigheid in die uitvoering van haar pligte. “Die uitslag van die interne verhoor is aan albei betrokke persone gekommunikeer.”

Maroela Media het vroeër berig die kombuiswerker, Cynthia Lebea (55), het Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Sy is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Elize Devenish (79) na die voorval. (Foto: verskaf)

Dít volg nadat kringtelevisiebeeldmateriaal vroeër vandeesweek aan die lig gekom het waarin daar gesien kan word hoe Elize Devenish (79) hulpeloos op die vloer lê nadat die kombuiswerker haar so hard gestamp het dat sy op die vloer geval en ʼn been in haar gewrig gebreek het. In die beeldmateriaal kan gesien word hoe die bejaarde op die vloer lê terwyl die werker bloot met haar take aangaan.

Devenish het ná ontbyt ʼn houer met jogurt wat op een van die tafels agtergebly het, klaarblyklik sonder toestemming geneem.

Een van die kombuispersoneellede het haar beetgekry en sy het op die grond geval. Die kombuiswerker het toe ʼn suster gaan roep wat tot by Devenish geloop  het, maar volgens die beeldmateriaal haar nie gehelp het nie.

Devenish het haar seun, Charl, gekontak en hy is onmiddellik na die sentrum waar die bestuur onderneem het om die voorval te ondersoek. Hy het ook ʼn klagte by die polisie aanhangig gemaak waarna Lebea in hegtenis geneem is.

Die saak teen Lebea is tot 20 Junie uitgestel.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Helena ·

Reg so, laat hulle vir hulle kry en laat die wiel goed vir hulle draai.

Lize ·

Hoekom word die wit verpleegster se naam nie ook genoem nie? Hopelik sal sy na dese nie wéér met mense kan werk nie. Sies man!

Jerry B ·

Goed so nou kan albei afgedankte werkers rustig by die huis vertoef. Nie nodig om oor bejaardes te worry nie.

Skerpioen ·

Wil daai selfde vraag vra…. wat is die blanke suster se naam. Sy verdien nie haar balkies nie

Hester ·

Ek stem saam met jou. Sy is tog op die einde van dag ook hulle supervisor en verantwoordelik wil hulle

Maggie ·

Dankie MM vir die opvolg beriggewing. Die familie kan die verpleegster gerus by haar professionele instansie, die HPCSA, aangee.

Marna ·

Die verpleegster kan by die South African Nursing Council aangee word.
Ps: hulle is reeds bewus van die voorval

Adrie Hoffmann ·

Yogurt vat sonder toestemming. Hoe belaglik klink dit nie!!! Wat maak dit saak!!! My skoonma was by drie frail care sentrums. Wat n nagmerrie tyd was dit nie vir ons nie. Hulle voel niks vir die oumense daar wat weerloos is nie

ANNE-MARIE ·

Die werker wou seker die yogurt wat oorgebly het self nuttig, daarom gryp sy dit so verwoed uit die arme ou Tannie se hand….Die werker en die Verpleegkundige is skuldig aan die gebeure daar en behoort nie weer vir so ‘n instansie te werk nie

kolla ·

Name en shame die wit vrou ook. Ook maar ‘n traak-my-nie-agtige houding gehad. Hoop nie hulle kry weer werk waar mense versorg moet word nie, duidelik nie geskik nie.

Nel ·

Die kombuiserwerker behoort tronk toe gestuur te word. N afdanking is verseker nie genoeg straf nie. Die verpleegster het ook te lig daarvan afgekom, sy behoort n jaar gemeenskapsdiens te doen. Dit is n skande dat die verpleegster se naam nie ook genoem word nie!!!!

Asjas ·

En kyk bietjie mooi, die tannie met die rooi baadjie word ook op ‘n stadium amper om geloop, seker net die loopraam wat haar staande gehou het.
Name and shame die wit vrou ook, almal moet weet met watse tipe monster ons hier te doen het!!

busy ·

Skande! ek wonder wat die beseerde dame betaal by instansie. Daar is GEEN ongee vir bejaardes Jy moet maar aanvaar hoe hulle jou behandel want alles gaan oor selfsug. Mense wat nie n passie vir verpleging het nie hoort nie daar NIE. Uitgemaakte saak. Groot kommer vir almal wat daar is!!!!!

HPV ·

My skoonma was vir jare tot met haar dood uitstekend en met liefde daar versorg.
Die koste was ongeveer R11000.00 per maand en sy het ongeveer R100 000.00 vir die kamer betaal, die koste van die kamer is na haar afsterwe aan haar boedel terug betaal.

TvS ·

‘n Gestamp en geboelie sal beslis nie gebeur terwyl daar besoekers is nie.
Maar ja, hierdie soort ding gebeur net met ánder mense.

L ·

Die tehuis hoef nie so liggeraak te wees nie. Dit is goed om te weet dit is belangrik genoeg vir die bikers om te gaan kyk. Dankie.

At ·

Werkers is arrogant, want hul word beskerm deur land se regeerders en hul eensydige wette. Sogenaamde “base” dus te bang om werkers kort te vat. Die stert swaai die hond by baie werksplekke.

Anne ·

Twee punte: 1. Hoekom gaan niemand in die geval tronk toe vir aanranding nie????
2. Die bejaarde se familie en vriende kan haar dalk help om die betrokke persone te dagvaar vir mediese kostes, pyn en lyding, ens. Ens.
Ek regtig dat mense wat met weerlose persone werk van hierdie saak sal hoor en dink voordat hulle sommer abusive wil raak. Die waarheid kom uit.

Adk ·

Alles oor n bietjie yougart. Hoe sad . … Hoe ons in die samelewing sulke goed deurmaak en aanvaar….n bakkie yougart….what a sad day for the RSA… SHAME ON YOU

Christa ·

Ja hulle word Mos in Poste aangestel vir werkskepping Soos BEE vereis. Of hulle daarvoor geskik is of nie. EK hoop die vrou eis Groot van die instansie.

Lee ·

Ja nee en die wit suster is ook skuldig se ‘n bietjie vir ons wie is sy kan nie glo sy doen niks nie dit kon net sowel haar ma gewees het wat daar op die grond gele het

Trinity ·

Dalk is dit nie die wit suster/verpleegster se eerste oortreding nie… dalk verwant aan iemand “belangrik”… hoekom anders word haar naam nie genoem nie?

Willie ·

God slap nie, hoop julle weet, julle gaan ook oud raak… dis vieslik en onmenslik… erger as n doodskis bang maak in my oge…

Schalla ·

Wees versigtig om te veralgemeen… Hierdie voorval was voorwaar afgryslik, maar ek sien baie kommentaar wat lui dat dit algemeen is en alles die gevolg van BEE ens. Ek is seker dis waar, maar ek kan ook getuig dat my vrou se oorlede ouma fantastiese sorg in die ouetehuis in Swellendam ontvang het en dat die versorgers daar uitstekend na haar omgesien het tot op die einde van haar dae. Maar ja hierdie geval was inderdaad afstootlik en ek is baie bly dat daar videomateriaal was wat sekerlik gehelp het met die identifisering en daaropvolgende vervolging van die oortredings deur die betrokke personeellede en dat hul werkgewer daadwerklik teen hulle opgetree het. En ja, verdere kriminele vervolging moet ook gedoen word, die bewysstukke is daar vir almal om te sien.

Naam ·

Julle wat so karring met “name & shame” is erg afgesaag. Die wittes se name en fotos word altyd geplaas maar nie die ander nie. Nou is ‘n naam eenkeer nie geplaas nie en julle kou omtrent julle polse. Neem ‘n chill pil.

Anita ·

Word hierdie personeel voor aanstelling basies opgelei om met bejaardes te werk?. Ongeag die instelling volgens “Ryk of Arm” gee dit geen persoon die reg om bejaardes so te behandel nie, bejaardes het hulle hele lewe gewerk sommige kon nie groot aftreepakkette bekostig nie, maar hulle verdien die waardigheid waarmee elke bejaarde behandel moet word. Vir toekomstige aanstellings gee basies opleiding aan die personeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.