Twee afgedank wat pornofliek wou steel

video-camera-pro-4Twee werknemers van die Rolprent-en-publikasieraad (FPB) is afgedank nadat hulle glo probeer het om ʼn pornografiese fliek, Bush Pie 3, te steel.

“Thomas Nndwa en Roger Moshapo se saak is in Augustus afgehandel en hulle is aan die begin van hierdie maand afgedank nadat hulle ʼn kopie van die fliek wou steel,” het Sipho Risiba, die raad se woordvoerder, Dinsdag gesê.

Kringtelevisiebeeldmateriaal het gewys hoe die twee probeer het om die fliek, wat in Venda opgeneem is, te steel.

Bush Pie 3 is vervaardig deur Zwoluga Madega en het glo groot teenkanting van verskeie godsdienstige leiers en die Venda-gemeenskap ontvang. Die fliek is in Manyuwa in Venda, Limpopo verfilm en die akteurs dra tradisionele Venda-kleredrag te sien.

Die fliek moet nog deur die FPB aan die publiek vrygestel word, aangesien dit nog nie geklassifiseer is nie. Risiba kon nie bevestig of dié proses al afgehandel is en wanneer die fliek vrygestel gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.