Twee Afrikaanse opleidingsinstellings groei al sterker

Dr. Dirk Hermann. Argieffoto: Cyril Blackburn

Dr. Dirk Hermann. Argieffoto: Cyril Blackburn

Die Solidariteit Beweging het Sondag gesê honderde voornemende Afrikaanse studente het Sol-Tech se onlangse opedag op 11 Februarie bygewoon en 500 nuwe eerstejaars het dieselfde dag met hul studies by Akademia begin.

“Die ondersteuning en entoesiasme van almal wat die opedag bygewoon het was aansteeklik. Die Akademia-eerstejaars se ywer, om die eerste jaar van gehaltestudie aan te pak, was duidelik op hul gesigte,” het dr. Dirk Herman, bestuurshoof van Solidariteit, in ʼn verklaring gesê.

Hy het gesê hierdie studente neem verantwoordelikheid en leer vir hulself ʼn toekoms oop.  “Solidariteit wil elke Solidariteit-lid, wat maandeliks ’n bykomende R10 bydra om saam te bou aan hierdie werklikheid, daarvoor bedank. By Solidariteit twyfel ons nie oor die toekoms nie, ons bou dit,” het Hermann afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

popeye ·

Dit is trots in jou self verwesenliking! Genoeg om ander groen van jaloesie te maak. Ek dink dis een van die redes hoekom die Afrikaners verguis word…hulle weet hoe om hulself op te trek ten spyte van alles wat nog altyd teen hom gekonkel het. Die groen monster is maar lelik! Welgedaan aan Afriforum, Sol-Tech en Akademia en die ywerige studente!

Leendert ·

Ons vir jou Suid Afrika. Ja, en dan hoor ek die magtige dreuning van ‘n volk wat herrys.

Johann Barnard ·

Pas net op,die kriminele wil als steel wat werk,hulle gaan kom soos n dief in die nag!!!

Kassy ·

Jy is reg en daarom moet hierdie instellings sterk aanlyn teenwoordigheid bou, internasionaal teenwoordig wees. Die gulsige boewe kan fisiese infrastruktuur probeer kaap maar hulle kan nie dit wat “in the cloud” is vat nie.

wilma ·

Ons kinders brand en breek ni af. Sommiges in hierdi land sal nooit verander. Hul eie leiers het hul geleer van afbrand en afbreek

koos ·

as jy met “ons kinders” wit kinders bedoel, het ek nuus vir jou: ek ken BAIE van hulle wat breek en afbrand, en dan is hulle nogal van die rassistiese soort ook wat allerhande lelike goed dink van enigeen wat nie wit is nie. Ruimte ontbreek om al my ervarings met sulke wit jong mense hier te plaas. daars baie.

Ouma ·

Trots? Dis sooo ‘n ou klein woordjie! Maar se so baie! As die kaalvoetvrouens met die ossewaens oor die Drakensberge kon beur met die manne vooraan! Sal en kan ons ook! Met God se Genade en Hulp! Gaan ons nog baie veranderings sien en beleef! Hou moed! Moenie opgee nie!!

HEVW ·

Ek kon nie help om die kontras tussen hierdie nuusberigte raak te sien nie. Aan die een kan dit wat Solidariteit en die Afrikanergeledere met opgewonde positiewe insette vermag en besig is om aan te bou Baie geluk aan Solidariteiet, ouers, studente en betrokkenes. Aan die anderkant die gebeure op Loftus. Dit het die naam loftus oneer aangedoen. Dit wil voorkom of die afrikaniseringsproses n sneeubal effek het, want trek soos rookreuk op alle gebiede in. Hoe gaan ons wen? Alleen met die grondbeginsels van beskaafdheid.

Johannes van Staden ·

Trots as mens dit lees …gehalte wat mense nog gaan soek want die res ontaard nou in n groot gemors ..nes die res van SA wat deur die anc beheer word …wat werk nog van hulle …net mooi niks

Brand van Deventer ·

Elke Afrikaner ouer/grootouer MOET hierdie poging finansiël ondersteun. Nie net die met groen koring op die land nie. Hierdie en soortgelyke pogings sal die Afrikaner en sielsgenote nie net laat oorleef nie, maar laat uitstyg.

Annatjie Nieuwenhuys ·

Sal Soldariteit nie daaraan dink om weer ‘n Afrikaanse korrespondensiekursus op die been te bring nie soos ‘Sukses Kollege en Lyceum Kollege” wat stil, stil verdwyn het en waardeur baie mense deur hulle, hulle graad 10 en 12 bereik het en ook nog ander gevorderde kursusse kon doen. Tans is baie jongmense wat die skool te vroeg verlaat het wat hulle graad 10 en 12 wil doen. Intec College se kursusse word in Engels aan gebied en baie verkies om in hul moedertaal onderrig te word. AFRIKAANS

Dellaq ·

Voorwaar ‘n riem onder die hart. Ons moet almal probeer om dit te ondersteun-ons jongmense se toekoms hang hiervan af. Ons jeug weet van hard werk en ons kan trots op hulle wees. ‘n Pluimpie vir elke ouer wat hul kinders goed grootmaak en waardering vir bg tipe instellings wat drome verwesenlik.

FM ·

Staat is seker groen van jaloesie!!!!! Ek wonder net wat hulle nou weer sal uitdink om die 2 Afrikaanse instellings te ondermyn. Nou sal hulle seker weer n stokkie daarvoor steek en sê gegradueerdes van die 2 instellings mag nie aansoek doen vir poste in die openbare sektor nie!!!!!Hulle sal dit nou seker aan die groot klok hang deur te propageer dat dit maar net n voortsetting van apartheid is. Kom ons AFRIKAANSSPREKENDES,wit,swart, kleurling en almal wat hulle met AFRIKAANS vereenselwig, maak ASB n bydrae aan ons instellings. Ons het ten minste sekerheid mbt ons belegging. Kom ons staan saam!!!!!!

Ken2 ·

Wel, dis hulle wat teen ons diskrimineer. Dis hulle wat ons kinders probeer skaam maak bloot net omdat hulle wit is. Dis hulle wat ons taal uitdruk. Ons reageer blood op die regering se diskriminasie teenoor ons. Punt.

Johann ·

Ewe skielik gee ek nie om, om hier te woon nie. Dit maak my trots om deel te wees en ‘n verskil te maak.

Arme regering.

humor ·

Annajie die mense na aan jou kan jou maar n drukkie gee. n BAIE sinvolle inset, versoek. Ek weet van jongmense wat daarvoor wag.

Krymeerkinders ·

Fantastiese nuus en opwindende tye! Twee van ons kinders studeer by Akademia en wat `n voorreg! Ons moet egter onthou om te werk aan ons kindergetal sodat hierdie instellings oor twintig jaar steeds kan uitbrei in krag EN getalle.
Kry meer kinders!!

Leendert ·

En weet julle wat, as die DA eendag oorvat, gee ek ook nie ‘n blou duit om nie. Nou weet ons hoe om in ‘n multikulturele land die dinge te doen, en ook sommer terselfdertyd die agtergeblewenes hoop te gee.

P ·

Solidariteit benodig nog lede. Mense sluit aan asseblief. Hulle doen goeie werk.

jaco ·

met regstellende aksie wat uiters intensief en rigied toegepas word, wil ek graag weet waar al die wit gegradueerdes van hierdie twee instansies gaan werk kry?
Dan wil ek ook graag weet: as Sol-Tech en Akademia baie sterk uitbrei en steeds net in Afrikaans onderrig gee, hoe gaan hulle met ‘n steeds groeiende personeel regstellende aksie op so n manier toepas dat hulle nie deur ons anti-wit regering beboet of toegemaak word nie? Hou byvoorbeeld in gedagte dat dit twee nasionale instansies vir die hele SA is, so die personeelsamestelling sal die nasionale demografie moet weerspieël. So waar gaan genoeg Swart Afrikaanssprekende personeel vandaan gekry word? Moenie sê met Kleurlinge nie, want hulle word nou reeds vertel “sorry you are not black enough” as hulle werk soek. Sol-Tech en Akademia kan ook nie “window dressing” toepas nie (stel swartes in mooi posisies en in die meeste posisies aan maar ‘n wit “ghost staff” wat op tydelike kontrakte werk, doen al die werk). Dis onwettig EN dis baie duur. Swartmense praat ook nie eintlik Afrikaans nie en die meeste beweer dat hulle dit glad nie verstaan nie.
Laastens, ek soek asseblief antwoorde op my twee vrae, so ASSEBLIEF moenie my kommentaar en vrae verwyder NET omdat wie dit ook al sien dink dis lelik of onnosel nie. Ek weet ek stel my onkunde te toon, maar dan het tog sekerlik ‘n reg om ingelig te word .

Fj ·

Dit is iets om op trots te wees. Ons moet Solidariteit en Afriforum ondersteun,al is dit net met R100 per maand.

Kos ·

Veg nou ook asb. Vir godsdiensvryheid tot my skok is daar al seker geloof se sertifikaat en embleem op amper al die basiese voedselgroepe se verpakking geplaas! Weet nie van julle nie maar lyk vir my daar word gereed gemaak vir kuiergaste wat wil permanente inwoners word, skokkende toedrag van sake in land wat veronderstel is om vryheid van godsdiens te verseker word ons nou verplig om hierdie kos aan te loop by gebrek van plaaslike alternatiewe en so godsdiens belasting te betaal ter bevordering van hierdie spesefieke embleme en kentekens op die produkte? ,wat gaan aan by die voedselvervaardigers en winkel groepe?

Ronnie ·

Kos, As mense ontsteld wil raak, moet ons net eers die regte feite kry.
Net soos die departement sertifikate uitreik waarvoor die voedsel verskaffers moet betaal, reik een vandie moslem rade gemoeid met die saak, ‘n sertfikaat uit vir ‘n fooi aan slagplase, voedselfabrieke ens. wat daarom aansoek doen. Dis beslis nie ‘n godsdiens belasting nie en jy betaal ook nie om die moslem geloof te bevorder as jy een vd produkte koop nie. Dit bly maar net een vd kostes vir verskaffers om aan almal ‘n diens te lewer.

John ·

Dit is werklik nodig dat ons aktief ons taal en ons kultuur bevorder; die twee loop hand in hand. Om net aan Afrikaans die ereplek te gee gaan op die lange duur probleme oplewer. Deesdae raak die Afrikanerkultuur ‘n vae begrip veral tov publikasies, radio- en veral video- en tv-aanbiedings. Afrikaans word deurgaans ge-‘slang’ om die jeug en ander rasse te akkomodeer. Rassemengery is veral ‘n gegewe. Ons Christelik geloof word afgewater want ‘Afrikaans’-sprekendes van ander gelowe is teenwoordig wat ons tog nie moet seermaak nie anders praat hulle nie meer Afrikaans nie en ons het hulle tog sooo nodig (?). As dit net oor taal gaan kan ons nou al maar die handdoek ingooi want wat van die Afrikaner oor gaan wees is net ‘n paar ou verwese en stowwerige woordeboeke, storieboeke en ‘skaam’ geskiedenisboeke weggesteek agter op ‘n rak iewers in die buiteland … en ons vergete.

Jan ·

As julle dit nie in twee of drie sinne kan sê nie, bly weg. Maroela, julle kan dit tog gerus deel van jul beleid maak.

Jan ·

ekke, die meeste praat twak as hulle dit nie in drie sinne kan sê nie, hulle hou dan van hul eie stemme en lees dit wat hulle geskryf het na die tyd oor en oor.

As hulle rubriek wil skryf, laat hulle vir Maroela kontak.

Jan ·

Ekke, as maroela net nie gaan slaap het nie, sal hulle my antwoord plaas.

Annatjie Nieuwenhuys ·

Jaco ek stem met jou volkome saam, die regering van die dag maak dit baie moeilik met hulle vereistes veral as dit kom by regstellende aksie, maar die kanse vir ‘n persoon met ‘n diploma of graad het ‘n kans om hulle vlerke weier te sprei. Die CVO skole oorleef nog, ons kan net hoop en bid dat die ander instansies wat deur Soldariteit geskep word dit ook sal reg kry.

John ·

Miskien moet ons ons twak ‘n paar keer deurlees om die taal te korrigeer voor ons dit stuur, maar as Maroela wil oorslaan na Twitter, soos ons geagte vriend Jan voorstel, doen so. Ons Afrikaners is al jare gewoond daaraan om rond te loop met pleisters oor die mond. Dalk sommer sluit soos nog ‘n gruwelike groep wat Ons Kleintji gekaap het, voorstel. Die vyande van die Afrikaners hou van mense soos hulle.

JC ·

Dankie, dankie, dankie Solidariteit/Afriforum. TROTS AFRIKAANS!! Sekerlik, omdat Akademia, onder die sambreel van ‘n kulturele organisasie val, sal dit ongeskonde bly- ek meen as swartes nie kan of wil Afrikaans praat nie (let wel hulle kan as hulle wil) is hulle nie indiensneembaar by Akademia nie want om Afrikaanssprekend te wees is ‘n sleutel vereiste om enige pos waar te neem by Akademia of Soltech. Ek stem saam met die voorstel soos vervat in Afriforum se vonkpos dat voornemende studente en werknemers wie se eerste taal nie Afrikaans is nie; Afrikaanse modules eers sal moet slaag vir toelating (en daar’s baie swart mense wat lief is vir Afrikaans en dit aktief leer en praat) soos by die Institut Francaise of soos in Duitsland. Shame, die onbeholpe “regering” is seker groen van jaloesie want hulle kan net nie DOEN EN BOU soos ons Afrikaners en Afrikaanses kan nie hehe!! Nogmaals geluk, daar is lig aan die einde v/d tonnel. Ek maak maandeliks ‘n klein donasie ook aan Akademia. Besoek gerus hul webwerf om uit te vind hoe julle ook kan :-)

Johann Marx ·

Goeie hemel….dis net “geluk voor” en “geluk agter”….en “regering is seker GROEN van jaloesie” en “mooi gedoen ons is trots”? NEE!!! Wat hier gebeur is “ons doen dit self”….skryf kids in by Akademia….en al wat jy doen is jy MAAK PLEK vir nog ‘n insittende by die Universiteite wat jou en my ouers se belasting gebou het!!!…en wat JOU belasting gebruik word om te onderhou (of te herstel wat afgebrand is)…en almal “gratis” te laat swot. Die “govermunt” is NIE groen van jaloesie hieroor nie….hulle spring op en af van opgewondenheid want weereens “doen die wittes dit self as ons hulle net lank genoeg ignoreer, hulle itimideer, hulle stelselmatig laat uitmoor……maar hulle belas, en belas en belas!! Ek is ook ‘n voorstander van “self doen”….maar nie nadat ek ‘n “govermunt” betaal het om ‘n diens te lewer nie. Ek sal alles self doen….gee my hardverdiende geld terug!!

JC ·

Hei Johann, baie geldige punt(e).
Maar ons is maar net verheug en trots man, gee dit vir ons hehe !! :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.