Twee agter tralies vir bankkaartdiefstal

Argieffoto

Argieffoto

Thembile Lindani (33) en Mziwabantu Mpandona (33) is vandeesweek in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Port-Elizabeth tot tronkstraf gevonnis nadat hulle mense se bankkaarte gesteel en bedrog gepleeg het.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke in die Oos-Kaap, het gesê die twee is op 20 November verlede jaar in hegtenis geneem ná ʼn gesamentlike poging deur die Valke se handelsmisdaadeenheid en ondersoekbeamptes van Absa en Nedbank.

“Die ondersoekspan het veiligheidsbeamptes by kitsbanke opdrag gegee om die span in kennis te stel sodra hulle enige verdagte strafregtelike optrede opmerk,” het Feni gesê.

Lindani en Mpandona het op dié dag die bankkaart van ʼn 57-jarige man by ʼn kitsbank in Kenako Mall gebuit. Veiligheidswagte het onraad gemerk en die ondersoekspan ontbied. Die span het na die winkelsentrum gehaas en die twee in hegtenis geneem. Altesaam ses gesteelde bankkaarte is in hul besit gevind.

Hulle het tereggestaan op aanklagte van bedrog en diefstal en is tot ses jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Judycupcake ·

Hoe gaan mense wat Moord Pleeg en mense wat Bedrog Pleeg vir dieselfde tydperk Tronk toe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.