Twee agter tralies vir rooftog met speelgoedgeweer

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Twee mans is in die Wepener-streekhof in die Vrystaat gevonnis nadat hulle ʼn winkel met ʼn speelgoedgeweer beroof en die winkeleienaar met ʼn panga aangerand het.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê Chobokoane Lehlohonolo (20) en Ramapulane Thapelo (21) is albei tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

“Die twee beskuldigdes het op 23 Junie 2015 ʼn winkel in Kanana binnegegaan en die 21-jarige winkeleienaar met ʼn speelgoedgeweer aangehou,” het Ngcukana gesê. “Die winkeleienaar het die geweer uit die beskuldigde se hand geruk, waarna die tweede beskuldigde ʼn panga uitgepluk en die winkeleienaar oor die skouers gekap het.”

Volgens Ngcukana het die rowers met R800 gevlug, hoewel hulle binne 30 minute deur lede van die gemeenskap en ʼn polisiebeampte wat van diens af was vasgetrek is. Die R800 kontant, ʼn panga en ʼn speelgoedgeweer is in hul besit gevind.”

Ngcukana het gesê die saak is ʼn goeie voorbeeld van sukses wanneer die gemeenskap en die polisie saamwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jaco ·

Stem saam. Mense met sulke afleidings hoort nog in die kleuterskool.

Karma ·

Het enige iemand die gedeelte van “Argieffoto ter illustrasie” net onder die foto gemis?

DPJ ·

Maak nie saak nie ‘n vuurwapen is ‘n vuurwapen.
Kobus almal is nie so ophoogte van wuurwapens soos jy nie.
‘n Vuurwapen maak nie saak of dit pistool of jaggeweer is nie dit kan dood maak.

DPJ ·

Hi julle wat maak dit saak wat se wuurwapen dit is. Feit bystaan dit kan dood maak.
Almal is nie vuurwapen kenners nie. Is julle diskudiges op alle gebiede?

J ·

Ek neem aan julle wapen kenners was al in n roof of soortgelyke posisie. Maklik om te praat as jy nog nie daar was nie. Speel geweer of nie. Die bedoeling was roof

Ben ·

Dit is net goeie Afrikaans wat mens op skool behoord te geleer het. ‘n Kort handwapen met ‘n roterende silinder in die middel is ‘n rewolver. ‘n Kort handwapen wat platterig is en sy patrone in die kolfie dra is ‘n handpistool en ‘n lang vuurwapen van ‘n meter lank of wat met ‘n kolf wat jy vasdruk teen jou skouer om te skiet is ‘n geweer. Dit is net algemene goeie taal wat alle Afrikaners wat skoolgegaan het weet. Mooi opgelet Kobus!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.