‘Twee Allergex en Voltaren-inspuiting’ ná Mosambiekse spoegkobra pik

(Argieffoto: Departement van gesondheid: Mpumalanga)

Die eienaar van die Mystic Monkeys and Feathers-dierepark buite Hammanskraal is woedend oor die beweerde swak behandeling wat een van haar werkers by ʼn staatshospitaal in die omgewing gekry het nadat die vrou verlede week deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik is.

Maroela Media het vroeër berig Emmely Ngobeni (60) is Donderdagaand op haar voet gepik toe die slang in haar stort geskuil het.

Sy is na die Mmametlhake-hospitaal in Hammanskraal gehaas waar haar toestand vinnig begin versleg het, het Christa Saayman, eienaar van die dierepark, gesê. Ngobeni het weens die skok onder meer beheer oor haar blaas verloor, maar verpleegpersoneel het geweier om haar te help skoonmaak.

Volgens Saayman is hulle meegedeel dat Ngobeni twee Allergex-tablette en ʼn Voltaren-inspuiting as behandeling gekry het. “Dit is iemand se lewe wat aan ʼn draadjie hang, maar dit lyk nie of hulle dit as belangrik beskou nie,” het sy gesê.

Die slang het die vrou in die stort aan haar voet gepik.

Saayman sê sy het besluit om Ngobeni met ʼn private helikopter na ʼn hospitaal in Pretoria te laat vlieg omdat sy gevrees het vir die vrou se lewe. “Hulle [die Mmametlhake-hospitaal] wou haar net nie help nie,” het sy gesê.

Dumisani Malamule, woordvoerder van die departement van gesondheid in Mpumalanga, het Maandag by navraag gesê die pasiënt is opgeneem en gestabiliseer, waarna gereed gemaak is om haar na die Witbank-hospitaal oor te plaas.

“In dié tyd het die familie en die werkgewer besluit om die pasiënt na Gauteng te neem,” het Malamule gesê.

Volgens hom is ʼn vorm onderteken waarin kennis gegee word dat verdere behandeling by die hospitaal van die hand gewys word.

“Alle mediese beamptes word opgelei om noodgevalle te bestuur, ook slangbyte. Dit is verkeerd om te sê dat die pasiënt net Allergex en Voltaren gegee is. Die departement kan egter nie ʼn pasiënt se mediese inligting bespreek nie.”

Volgens Malamule is daar wél teengif by die hospitaal beskikbaar, maar die betrokke pasiënt het die fasiliteit verlaat terwyl daar nog met ʼn spesialis gekonsulteer is.

Ngobeni is intussen vroeër vandag uit die Steve Biko- akademiese hospitaal ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Megan Swart ·

Dagsê Delene
Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die flater, die berig is gewysig.
Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Pieter ·

Nee man weet hulle nie , dis 3 rooi smarties en fanta vir n slang byt.

Alles is n grap ·

Soos met elke liewe instansie in hierdie land is dienslewering n gemors. En die mense in beheer kom op vir diegene wat nie hulle werk doen nie. Skuld word altyd op die slagoffers gepak en dan word hulle blameer vir die uiters swak gedrag van die instansie se personeel. Dit gaan oral so.

Sê maar net ·

Dankbaar vir die vrou en as dit nie was vir haar werkgewer was sy nie meer; mediese beamptes en sommige drs ook, oa staat en militêr wees bedag dààr word alergie- en anti inflamasie middels vir alle kwale voorgeskryf.

JohanR ·

Wonderlik hoe ‘n hospitaal na die tyd altyd ‘n lekker storie het. Seker almal gesit en Isidingo kyk en klets, en wou nie gepla word nie? Kan darem nog op die oomblik goeie behandeling kry as jy medies het, maar na die NHI gaan ons almal die soort behandeling kry wat die arme vrou gekry het. As die ANC aan ENIGEIETS vat, VROT dit naderhand!!

Hb ·

Ek dink daars nog n kant van die storie wat ons nie van weet nie of wat nie vir ons gese word nie ter wille van sensasie

Richard ·

In daai omgewing vat eerder iemand na Jubilee Hospitaal in Hammanskraal self, dalk beter toegerus en hulle is in Gauteng, so plaas pasiente na Pretoria oor. Mmamethlake is in Mpumalanga, so hulle plaas oor na Witbank toe, wat baie verder weg is. Beste oplossing is jaag self deur Steve Biko toe, sal dalk ‘n paar spoed kaartjies kry, maar jou pasient sal ‘n beter kans op oorlewing he.

Jakes ·

Dis tragies maar lagwekkend dat Malamule nogal sy personeel se skandalige optrede probeer verdedig. Hierdie mense behoort in n tronk en nie in n hospitaal nie.

jennefer minnaar ·

Ry eerder na jou naaste veearts, hul het meestal teengif.

Annelize ·

Ek glo ‘n Veearts sal jou as mens beslis sommer beter behandeling ook kan gee as die gepeupel by die Staatshospitale.

Bambi ·

Dankie aan die eienaar!! Jy is n opregte mens! Min wat jou lengtes sou gaan! Welgedaan en beterskap aan u werker!!

RB ·

Wel gedaan aan hierdie werkgewer – sy het haar werknemer se lewe gered. Staatshospitale en arrogante onopgeleide personeel gee minder as niks om vir mense lewens. My ervaring is dat hulle mense in nood met disrespek behandel omdat hulle kan… en dan lieg hulle maar net alles reg wanneer hulle uitgevang word!

se net ·

Volgens my, vat jy nie jou tyd as jy dringend iemand moet inspuit met teengif nie. Jy doen en klaar. Onthou elke sekond tel en die dame het toe al n paar sekondes agter haar lyf wat die slang gepik het.

Annelize ·

En die ANC wil die Nasionale Gesondheidsplan implimenteer , en DIS die kaliber van personeel en kaliber van verstandelike vermoeens by staatinstellings? Here help ons, is al wat ek kan se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.