Twee babalykies in twee dae gevind

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Die lykies van twee babas is onderskeidelik Dinsdag en Woensdag in Durban en Bloemfontein gevind.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het gesê die lyk van ʼn babaseuntjie is Woensdag in ʼn asblik in die Durbanse middestad gevind.

Volgens McKenzie is die nooddienste en polisie na die hoek van Smith- en Broadwaystraat ontbied nadat verbygangers die lykie in die asblik gesien het. Die polisie ondersoek die saak.

Die lykie van ʼn babadogtertjie is intussen Dinsdag in ʼn plastieksak naby ʼn treinspoor in die Bloemfonteinse middestad gevind. Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê die lykie is deur ʼn verbyganger gevind wat die polisie ontbied het.

Volgens Marope was daar brandmerke aan die dogtertjie se gesig en regterhand. Die kind was glo twee tot drie weke oud. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Dit is ‘n werklike tragedie as mens hoor van hierdie hulpelose babatjies wat so weggegooi word. Ek verstaan dat geboortebeperking pille ens gratis verkry kan word by klinieke. So hoekom nog so baie ongevraagde swangerskappe?.

Sam ·

my hart bloei vir die klein mensies… mens se hart word dan so week as mens n babatjies sien, hoe kry jy dit oor jou hart om hulle seer te maak…

wat die voorbehoed betref, ja, dit is gratis, maar jy sit ure in n tou, en word dan nog ook soms huis toe gestuur omdat hulle hulle daaglikste kwota bereik het..

base is onredelik, oor hulle na privaat dokters toe gaan en nie verstaan dat jy n “hele dag” moet vat om kliniek toe te gaan nie..

maar ja, dit is ook nie n verskoning om die arme mensies seer te maak nie, daar is n ander uitweg…

Se maar net ·

Wat my verstand tebowe gaan is: Die ma loop 9 maande lank, net om die babbatjie soos ‘n
stuk papier weg te smyt?? Watter tipe mens is so wreed??

julie-ann ·

hoekom kan die mammas nie net die hokkies wat by die hospitale is gebruik nie daar is by almal. niemand weet wie jy is nie jy word nie eers genader nie niks nie. daardie kind het darm ‘n toekoms of iewers ‘n huis ‘n gesin wat nie kan kinders he nie. ek wens dat almal kon onthou en weet maar ja ons is te skaam mag Die Here hulle almal vry maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.