Twee babas sterf in Limpopo-ongeluk

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

ʼn Maand oue baba en ʼn vyf maande oue baba is dood toe ʼn leerlingbestuurder beheer verloor het oor ʼn voertuig en dit in Limpopo omgeslaan het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het Dinsdag in Malamulele buite Giyani plaasgevind. “ʼn Leerlingbestuurder het met ʼn Ford Bantam gery en 12 passasiers, insluitend die twee babas, vervoer. Daar was ook baie kruideniersware in die voertuig.”

Die bestuurder het glo beheer verloor oor die voertuig en dit het omgeslaan. Een van die babas is op die toneel dood. Die tweede baba het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

“Alle ander passasiers en die leerlingbestuurder is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die polisie stel ondersoek in oor die oorsaak van die ongeluk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.