Twee babas sterf toe verwarmer ontplof

Argieffoto: Kent Williamson

Twee babas het Sondag in Dunottar naby Nigel in Gauteng doodgebrand toe ʼn verwarmer in hul kamer ontplof het.

Kapt. Johannes Ramaphora, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 16:40 by die Dunnottar- militêre basis plaasgevind.

“Die woonstel het ʼn onderste- en boonsteverdieping en die babas se ma’s en een van die ma’s se boetie was onder in die woonstel toe hulle eers iets geruik en toe die ontploffing gehoor het,” het Ramaphora gesê.

Die babas was onderskeidelik 12 en ses maande oud. Volgens Ramaphora was die ma’s uiters getraumatiseerd toe die polisie by die toneel opgedaag het en was die brandweer reeds besig om die brand te blus. Die geslag van die babas is in dié stadium nog onbekend.

“Ons kon nie regtig met die ma’s gesels nie, hulle was te emosioneel. Dit is onduidelik watter soort verwarmer dit was en wat tot die ontploffing gelei het. Dit sal alles deel uitmaak van die polisie se ondersoek,” het Ramapahora gesê.

Die babas is op die toneel dood verklaar. Twee geregtelike doodsondersoeke word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hettie ·

Baie sad! Sterkte aan hul ma en familie. Gasverwarmer is glad nie meer veilig nie en met ons ook gebeur gasverwarmer het ontplof maar gelukkig niks brand nie. Het hom gebere en glad nie weer gebruik nie!

Inge ·

Ons probeer om nie ons verwarmer (olie) te gebruik nie. As dit nou regtig koud is sal ek hom eers aanskakel as ek gaan slaap (ons kind slaap in dieselfde kamer). Ek is altyd bang iets gebeur. Dit is ‘n groot tragedie wat hulle getref het, ek wens dit niemand toe nie.

snoefie ·

alle sterkte en simpatie aan ouers en geliefdes. jammer oor die vraag. hoe los jy eenjarige en sesmaande oue kind alleen op boonste vloer met n verwarmer aan. peuters is soos die oseaan. jy kan nie jou oë van hulle afneem nie.

Jacoba ·

Baie hartseer sterkte vir ouers…gebruik maar waterbottel, boontjiesak, heel laaste opsie, is Verwarmers van enige soort en kinders is en sal altyd risiko bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.