Twee banke met miljoene rande beboet

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het Dinsdag gesê hy het twee banke met altesaam R77,5 miljoen beboet in verband met die oortreding van voorskrifte in die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC).

VBS Mutual Bank en die China Construction Bank Corporation is beboet omdat hulle nie kliënte se besonderhede geverifieer het nie, versuim het om kontanttransaksies van meer as R24 999 aan te meld, nie rekord gehou het van kliënte se identifikasie nie, asook nie genoegsame maatreëls ingestel het rakende die aanmelding van verdagte of ongewone transaksies nie.

Die Reserwebank het die twee banke opdrag gegee om onmiddellik stappe te doen om dié tekortkominge reg te stel.

Die China Construction Bank Corporation is ʼn boete van R75 miljoen opgelê, waarvan R20 miljoen vir drie jaar opgeskort is. VBS Mutual Bank, wat tans onder kuratorskap is, is ʼn boete van R2,5 miljoen opgelê waarvan R2 miljoen vir een jaar opgeskort is.

Die Reserwebank het in die 2017-jaarverslag van sy banktoesighoudingsdepartement beklemtoon dat geen bewyse aan die lig gekom het dat een van die twee banke transaksies bemiddel het wat verband hou met geldwassery of die finansiering van terreur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marous ·

Die skelms wat agter die transaksies sit kom weg , met munisipale en belasting geld wat geplunder is en die land brand daaroor …..en die keiser en sy gevolg lag.

wraggies ·

Lyk my Zums lag al die pad bank toe, dis VBS bank wat sy “lening” toegestaan het toe daar vir die Nkandla bedrog betaal moes word.

Seemonster ·

China gaan Afrika heeltemal koloniseer en oorneem. En sit gaan nie te lank vat nie. . . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.