Twee beamptes dood ná ‘tragiese voorval’ in DKD-huis

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

Twee amptenare van die departement van korrektiewe dienste (DKD) in KwaZulu-Natal is dood ná ʼn beweerde huishoudelike twis in ʼn skietery geëindig het.

Crispin Phiri, woordvoerder van die departement, het gesê twee DKD-amptenare, albei verbonde aan die departement in Pietermaritzburg, is Maandagmiddag ná die “tragiese voorval” dood.

Die twee amptenare het saam in een van die departement se huise gewoon. Dit is in dié stadium nie bekend wat tot die skietery gelei het of wat die verloop van omstandighede was nie, maar volgens Phiri is ʼn private vuurwapen in die voorval gebruik.

“Ons betuig ons medelye met die families van die oorledenes en betreur die lewensverlies van die beamptes. Ons het van hulle verwag om verder te help om veiliger gemeenskappe in die land te help bou,” het Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, gesê.

Lamola het ʼn beroep op DKD-beamptes gedoen om hulp te vra van kenners wat die departement aan hulle beskikbaar stel, om uitdagings wat hulle dalk tuis of in die werkplek ervaar te help verwerk.

Volgens die departement ondersoek die polisie die voorval.

Maroela Media het ʼn navraag oor die skietery aan die KwaZulu-Natalse polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

andries makopa ·

Wat soek n glorified security guard met n vuurwapen ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.