Twee beamptes in hof ná seun se skietdood

Nathaniel Julies. (Foto: Twitter)

Twee polisiebeamptes het Maandag in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn in verband met die dood van die 16-jarige Nathaniel Julies van Eldoradopark.

“Die twee verdagtes is aangekla van moord, die afvuur van ʼn vuurwapen in die openbaar, die onwettige besit van ammunisie en regsverydeling,” het Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), gesê.

Sers. Simon Ndyalvane en konst. Cyalene Whiteboy bly in aanhouding en moet weer op 10 September in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die polisiebeamptes, verbonde aan die plaaslike polisie se misdaadvoorkomingseenheid, is Vrydag in hegtenis geneem nadat Nathaniel Woensdag na bewering in die kruisvuur tussen ʼn bende en die polisie beland het. Nathaniel is gebore met Down se sindroom.

(Foto: AP Photo/Themba Hadebe)

Die skietgeveg tussen die bendelede en die polisie het ontstaan nadat die polisie ʼn wenk ontvang het oor gesteelde motoronderdele in die omgewing.

Volgens berigte voer die familie aan die seun is dood toe hy nie op versoeke van die polisie gereageer het nie. Hy kon egter nie daarop ag slaan nie weens die sindroom.

Die gemeenskap het vandeesweek geregtigheid geëis vir Nathaniel se dood. Dit het tot betogings in die gebied gelei en polisiebeamptes moes rubberkoeëls gebruik om die ontstoke skare uiteen te jaag.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër sy medelye met Nathaniel se familie betuig. Hy het gesê die gewelddadige dood van enige jong mens is kommerwekkend.

“My gedagtes en gebede is met Nathaniel se familie. Hy is van ʼn toekoms ontneem en sy tragiese dood het aanleiding gegee tot woede en onrus in ʼn gemeenskap wat beter verdien.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Snowball

Dan dink ek hoe graag word die foto van Hector Peterson uitgehaal om die vorige regime te demoniseer. ANC, wat het dan nou gebeur? Dié was ‘n onskuldige kind.

Pappa Beer

Nou hoekom is Lone Ranger met sy bree rand Stetson hoed dan nou stil? Toe drank en tabak verban was het hy elke tweede dag sy bek vol gehad. Nou swyg hy. Tipies cANCer regering!

Adeline

Hoop daar word ook soveel bohaai gemaak oor die moorde op onskuldige vredeliewende blanke boere en bewoners van RZA wat so wreed vermoor word…. deur die RZA se voos vrot korrupte cANCer leier!!

SomeOne

“afvuur van ʼn vuurwapen in die openbaar, die onwettige besit van ammunisie ” dis polisie teen oproeriges, mag hy nie sy geweer gebruik het nie en waar kom die ammunisie vandaan ?

Stofdonkie

“Die twee verdagtes is aangekla van moord, die afvuur van ʼn vuurwapen in die openbaar, die onwettige besit van ammunisie …” – Was daar nie polisie by die polisie om te sien dat die polisie met onwettige vuurwapens en ammunisie rondloop nie? Daar moet dalk polisie aangestel word om die polisie te polisiëer? O wag daar is, OPOD. Dalk moet hulle net ‘n beampte by elke stasie aanstel om toe te sien dat die polisie nie ontwetting bewapen word nie. Ek weet van ‘n saak waar polisiebeampte ook ‘n vuurwapen getrek en gerig het op groep mense waarvoor sy nie… Lees meer »