Twee beamptes van bende-eenheid self vas

Foto: SAPD

Speurders van Kaapstad se bende-eenheid het twee van hul eie beamptes in hegtenis geneem.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee beamptes is in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek oor beweerde diefstal nadat die polisie se bende-eenheid ʼn klopjag in Mitchells Plain uitgevoer het.

Twee konstabels, ʼn 35-jarige man en 38-jarige vrou, is in hegtenis geneem en word daarvan beskuldig dat hulle geld gesteel het by ʼn huis in Peugeotstraat in Beacon Valley toe die eenheid op 29 November die huis deursoek het.

Foto: SAPD

Die klaer het ná die soektog besef daar is geld uit sy kluis gevat en ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak. “Daar word ook beweer die beamptes het die klaer op 2 Desember genader en hom versoek om die saak terug te trek in ruil vir die gesteelde geld.”

Volgens Van Wyk sal die twee beamptes in aanhouding bly tot hul Vrydag in die Mitchells Plain-landdroshof op aanklag van diefstal sal verskyn.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie sal nie toelaat dat daar korrupsie deursyfer in die eenheid nie. “Geen polisiebeampte is bo die wet verhewe nie en ons sal geensins toelaat dat enige lede ʼn misdaad pleeg en daarmee wegkom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

mc ·

Alles gaan oor “instant gratification”, oortuig my asseblief dat die mense se bedrading dieselfde is as ander om hulle wat verder as die NOU kan dink en die nagevolge van hulle aksies kan sien. Asseblief oortuig my.

Poot ·

@mc
Niemand gaan jou kan oortuig nie. En ja….jy vat dit raak met die bedrading beskryding.

LouE ·

Die bedrading is dalk ‘n netwerk van Opvoeding, Kultuur en Godsdiens.

Nigel ·

Lees “The bell shaped curve” waarin die verskille mooi wetenskaplik verduidelik word.

Reinhardt ·

Wonder ek nou self Poot. Goed en sleg ken geen ras nie. Jy is n produk van jou samelewing, die korruptes is almal om ons.

Annelize ·

Teen die trant wat die Polisie deesdae hulle eie mense in hegtenis neem (en ek glo dis net die puntjie van die ysberg), gaan die Polisie binnekort met grootskaalse indiensneming moet begin. Die polisie los dalk die werkloosheidsprobleem van SA op, sal DIT nou nie ‘n pluimpie vir hulle wees nie!

Santie ·

Ja, dit is goed dat polisielede wat die SAP se naam so weggooi, gevang en toegesluit word. In hulle plek, kan nuwe mense aangestel word wat deur ordéntlike screening gegaan het, en goeie opleiding kan kry. Suiwer die SAP. Daar is nog baie goeies wat nie verdien om gedurig uitgekryt te word oor die korruptes en skelms nie.

wielie ·

Mooi! Roei hulle uit ! Tot net die eerlikes en die wat die naam Polisie Beampte werd is agter bly. Dan sal die Polie se naam inere herstel word. Wel gedaan

christa ·

soos die anc die Apartheid regering van alles beskuldig, so moet al die huidige probleme voor die “Ja” stemmers se deur gele word. Hierdie mense word aangestel in poste vir werkskepping maar hulle word nie ondersoek nie en is meestal net soos die gevangenis en hoort ook daar

Blue Butterfly ·

Ag Chista kom tog by. Toe ek “ja” gestem het, kon NIEMAND voorsien dat die land in so gemors sou beland onder ANC-regering nie. 24 jaar later word dit nog steeds voor die “ja-stemmers” se koppe gegooi deur mense soos jy. Dit maak jou NIKS beter as die ANC wat apartheid nog vir alles blameer nie.

Poot ·

@christa
Ag asseblief. Die redinasie van die “ja stemmers” is al so afgesaag soos “dis Jan van Riebeeck” se skuld. Het jy geen ander bydrae om te lewer nie?

Bekomerd ·

Poot en Blue Butterfly, stem saam, diegene wat met die argument vasgeval het is groter meulsteun om die wie n verskil wil maak se nek en kan net gal braak en niks doen nie. Hulle het ook nie die insig of enige alternatief wat werkbaar sou wees nie.

Al ·

Mooi so SAPD! Maar watter skande vd Polisie.
Los ‘equity’ en stel eerder die room van die oes aan.

Piet Pompies ·

Hierdie gedrag onder sekere SAP lede kom lank al voor. As inbrake by besighede ondersoek word is ‘n vangwa byderhand om selfhelp items te laai. Drank, sigarette, klere, luikshede.
Verwysing: Vanderbijlpark – 1991 – Woolworths en verskeie ander winkels. Drie stasie polisie lede skuldig nadat die een die ander twee gaan verklaar het.

Foxi ·

Mense kan HOE dom wees, maar as dit by geld kom…..is daar niks verkeerd met die verstand nie.???

humor ·

Die politiekestryd destyds was vel. Familielede het teenoor mekaar gestaan. Ja daar was talle mense wat wel die komende gevolge ingesien het. Die groot probleem was egter dat die nasionaleparty in n soort van n volksgod ontaard het

En nou? ·

Hoekom vind ek dit nie vreemd dat ek ‘n polisieman/vrou in boeie sien nie!?

humor ·

Hierdie daad van polisielede binne die polisie is niks anders as verraad nie. Die witmuur is die nodige kuur.

ne ·

roei die gemors uit! hulle is ‘n verleentheid vir die opregte SAPD

Die Verlore Skaap ·

Ha ha
Dis hoe die SAPD moet wees …….wat het julle dan gedink ?

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid… Reg(weg)stellende aksie op sy beste!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.