Twee beboet nadat hulle apies drank voer, mishandel

Foto: DBV

Foto: DBV

Frikkie Bosch en Joyce Marais is in die Zastron-landdroshof aan dieremishandeling skuldig bevind nadat hulle onder meer ʼn Capuchin-apie brandewyn en Coke gevoer het.

Reinet Meyer, senior inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein, het gesê Bosch en Marais is ook skuldig bevind aan die onwettige invoer van ʼn Capuchin-apie.

Bosch en Marais is ingevolge die Dierebeskermingswet gevonnis tot ‘n boete van R30 000 elk of 6 maande tronkstraf. Die gevangenisstraf is vir vyf jaar opgeskort. Hulle is ook ingevolge natuurbewaringsordonnansie 8 van 1969 tot ʼn boete van R10 000 elk of 36 maande tronkstraf gevonnis. Die tronkstraf is vir vyf jaar opgeskort.

Foto: DBV

Foto: DBV

Volgens Meyer het dit in Oktober aan die lig gekom dat Bosch brandewyn en Coke aan ‘n Capuchin-apie genaamd Hansie gevoer het. “Volgens ʼn beëdigde verklaring het Bosch gereeld vir Hansie brandewyn en Coke gevoer. ʼn Tweede Capuchin-apie genaamd Sussie is in Mei 2014 onwettig vanuit Durban in die Vrystaat ingevoer.” Meyer het gesê daar is op albei apies beslag gelê toe die bewerings aan die lig gekom het. Die apies is glo in klein hokkies aangehou.

Volgens Meyer was die apies vreeslik maer en verwaarloos. “Hansie het ook verskeie kaal haarlose kolle op sy lyf gehad. Sussie was kronies vermaer en baie uitgeteer. Hansie het baie erge outistiese neigings getoon. ʼn Plaaslike veearts het die twee Capuchin-apies ondersoek en sy skok uitgespreek oor die toestand waarin hulle was.”

Meyer het gesê die apies is tans nog onder bewaring van die DBV terwyl die nodige permitte verkry word om hulle na ʼn veilige plek te neem waar hulle in die natuur sal bly. “Wilde diere hoort in ‘n natuurlike omgewing en nie in hokke met mensgemaakte klere en produkte nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

ELSABE ·

SIT HULLE IN DAAI KLEIN HOKKIES SONDER KOS DIE MARTELAARS HOOP HULLE VERAREM

Dave ·

‘verarem’ skreeu jy dit uit. Terwyl jy nou so skree kan jy gerus vir die mede-lesers wat handeklap vir jou kommentaar en daarmee saamstem, vra hoeveel van húlle pleeg dieremishandeling deur voëltjies aan te hou in daai klein hokkies waarin die enigste bewegings wat hulle doen, is om van stokkie tot stokkie te spring. Húlle, die mense om ons wat vloëltjies in hokkies (of selfs hokke) aanhou, behoort ook aangespreek te word vir dieremishandeling. Om ‘n voël te ontneem van sy talent om te vlieg is soos om ‘n lopende wese se bene vas te bind.

Eliza-beth ·

Dave, sem soos altyd 100% met jou saam. Veral die arme groot African Greys wat net SIT in hul hok, kan glad nie rondspring of iets nie. My gesegdes is nog altyd ” the more I deal with people the better I love my dogs”. Hoekom WIL mense enige wilde diere ophok? Ek kan dit glad nie verstaan nie. Persoonlik verpes ek selfs dieretuine, die dolfyn “sanctuaries” soos in PE waar die arme goed in helderskoon water sonder draaie en rotse en ondersese plante en dinge aangehou word is nog ‘n “pet hate” van my. Inteligente wesens wat met sonar hul omgwing verken kan dit nie eers regtig gebruik nie – hulle bly in ‘n mooi vierkantige/langwerpige swembad. Ugg nee, ek kan aangaan en aangaan…

Dave ·

Dankie vir jou ondersteuning Dalleentjie :-)
En Eliza-beth, jou skrywe lees lekker soos altyd. En weer en weer stem ek met jou saam. Ek woon waar ek die dolfyne kan hoor skree en sing – die dolfenarium is paar honderd tree van waar ek woon.

Op ‘n manier is ons, die blanke, vasgevang in dieselfde cenario.
As jy vir my wil kom kuier stap jy deur twee vingerafdruk glasdeure, teken in by ‘n sekuriteitswag wat tussen die twee deure is, word opgeneem deur geslote baan TV in die ingangsportaal, in die hysbak, en nadat ek die deur vir jou oopgemaak het stap jy in. So lewe ons ook in hierdie pragtige land.

Eliza-beth ·

Dave, hoop jy lees nog die. Feit is ons LEWE. Laat ons dit voluit doen. Ten spyte van misdaad en vingerafdruk toegang en..en..en, – dit IS nie maklik nie. Die ge-ykte stelling “Afrika is nie vir sissies nie” geld steeds en sal altyd. Jy is geseënd om dolfyne te hoor – dalk roep hul na die ope see – ek huil sommer… Daar is so baie verkeerd in ons land en die wêreld, maar ek sien die son en ek hoor die voëls en ek gaan netnou die meerkatte hier in die veld voer en dit maak my bly en gelukkig en geseënd voel….Ek is nou beslis nie volmaak of iets, maar ek lief dit hier ten spyte van hoëveldse koue en al die ander aaklige dinge is ek steeds bly ek is net HIER

Dave ·

Ek het hierdie by middernag gelees maar ek wou nie antwoord omdat ek geveg het teen slaap! Het besluit om dit vir vandag te laat oorstaan :-) (Kan ek jou Liza noem) Jy is geseënd om die lewe te kan lewe soos jy dit doen en waar jy dit doen! En jy maak dit nou weer duidelik hoeveel dinge ons het om voor dankie te sê.

Rensie ·

Dit is hoe die wet moet optree teen sulke mense. Diere is ook deur God geskape en verdien net soveel respek en liefde soos wat ons verwag. Dankie vir die Diere beskerming vir die uitstekende werk wat julle doen.

Eish! ·

Ek ken mense wat so apie het en glo my sy kry beter behandeling as wat ek vir my kids kon gee. Dit is ‘n baie duur tipe troeteldier en het baie aandag nodig. Regtig nie almal verwaarloos hul diere nie.

Piet Pompies ·

Die invoer, uitvoer van wilde diere as troeteldiere is onwenslik, ons woon in ‘n natuurbewaringsgebied en dit is wonderlik om te sien hoe die wilde diere in die habitat aktief is. Die diere was eerste hier en ons moet hulle met die nodigste respek behandel.

Manie ·

Dieselfde kan dan ook van Honde gesê word wat in erwe met hoë mure aangehou word. Hulle kan ook nie vry en sorgloos rondhardloop soos wat hulle wil nie.

Poppie ·

Daar is niks fout met honde agter hoë mure nie. Almal kan ongelukkig nie op ‘n plaas bly nie. Solank die erf groot genoeg is, geen probleem. Ek het my hele lewe groot honde gehad. En almal kon na hartelus rondhardloop buite.

Pieter dp ·

Die tiepe mense het vir niks in die wèrild respek of deuris nie. Al wat vir hul saak maak is hul self.

Janine ·

Die DBV moet dalk bietjie kyk watse diere word als verkwansel op verskeie FB-blaaie. Meerkatjies, ‘hedgehogs’ en so meer.

Nico ·

Ek is baie bekommerd oor hierdie apies en ander diere wat spesifiek uit Suid Amerika ingevoer word. Ek wonder of hulle wettig uit daai land kom en of hulle nie in die natuur gevang word en dan verkoop word nie.

Eish! ·

Die spesifieke apies, is meestal in Suid Afrika gebore. Ek weet van telers en ook van groepe waaraan die eienaars behoort. Die eienaars kom dan bymekaar met hul apies en hou lekker byeenkomste en ruil inligting uit. Hul reel tot partytjies vir die apies as hul verjaar en ook met Kersfees. Baie blanke pare wat nie kan kinders kry nie koop eerder so ‘n apie ipv om ‘n kind van ‘n ander ras aan te neem. Almal doen nie leed aan die apies nie. Ek het al ge-baby sit vir een wie se mens ma hospitaal toe was. En glo my dit was ‘n voltydse werk om aan die ma se vereistes van versorging te voldoen. Ja, tree op teen die wat hulle mishandel. Maar gun diegene wat hul versorg die liefde wat hul kry en gee.

Eliza-beth ·

Ek dink almal hier stem saam en veral ook dat die DBV hul werk hier gedoen het. ONTHOU dus asb om gereeld te skenk aan jou naaste tak! Hulle doen dinge wat ons nie kan vir die wat nie self kan praat nie! Hulle het ons hulp SO nodig! Los daai choccie vandag of die ekstra bederf net eenkeer en gee daardie geld aan hulle!

Dave ·

Lekker laat jy my lag Eliza-beth met die skalkse manier waarop jy die chocoliste vra om hulself somtyds te beteul ten gunste van die diere :-) Daar is nog die beloning ook van minder kalorieë vir die dag! Dit is een van die plekke waar ek ook baie maklik die blikkie ondersteun.

Eliza-beth ·

Dave, ja ek sondig vreeslik met die choccies, maar sal altyd ‘n paar ekstra rande vir diere gee.

Poppie ·

Daardie apies gaan mos nie nou meer aanpas in die natuur nie. Hul is mos nou gewoond dat kos vir hulle aangedra word. Ek sal wat wil gee om n apie te hê maar dat hul buite ook in die bome kan rondbaljaar. En los kan loop in die huis na hartelus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.