Twee bedrieg maatskappy glo uit R3,3 miljoen

(Foto: Bidports.co.za)

Adriaan Avenant (41) en Karlien van der Vyver (37) het Vrydag vlugtig in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

Avenant was werksaam by Bidfreight Port Operations (BPO) in Richardsbaai as ʼn werkswinkelbestuurder. Hy was verantwoordelik daarvoor om maatskappyvoertuie en toerusting te diens en te herstel, sê kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Sy werk moes op ʼn koste-doeltreffende manier verrig word volgens wetgewing en maatskappy-aanskaffingsbeleide.”

Avenant het in 2016 na bewering met Van der Vyver saamgespan om die maatskappy te bedrieg deur vervalste fakture.

Betalings is na Van der Vyver se bankrekening en ander bankrekeninge oorbetaal.

“Die maatskappy het gevolglik ʼn verlies van ongeveer R3,3 miljoen gely.”

ʼn Saak van bedrog is by die polisiestasie in Richardsbaai aanhangig gemaak en die saak is aan die Valke oorgegee vir ʼn omvattende ondersoek.

“Hulle is Vrydag in hegtenis geneem en aangekla. Hulle is vrygelaat op borgtog van R20 000 elk en die saak is tot 13 April 2022 uitgestel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SjN ·

Hul beoefen net SA se nasionale sport, borg word uit die kleinsakkie betaal.

Misky ·

Klein vissies…… ons wil hoor van die Zuma-haaie en hoekom vat dit 20 jaar?

AH ·

Hoekom is die bedrag van die borg so hoog? Die vrou wat ‘n jong model doodgery en weggejaag het het ‘n skamele R3000 borg betaal…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.