Twee ‘bendelede’ vas in Baai

Argieffoto: SAPD

Die polisie sê dis uiters belangrik om op vuurwapens beslag te lê wat mense van Port Elizabeth se noordelike gebiede onwettig besit omdat bendelede dit gebruik om ernstige en geweldsmisdade te pleeg.

Kol. Priscilla Naidu sê lede van Bethelsdorp se taakspan het Sondag in afsonderlike voorvalle twee verdagtes in hegtenis geneem en op twee vuurwapens beslag gelê.

“Omstreeks 09:30 Sondagoggend het lede William Slammertrylaan gepatrolleer toe hulle drie mans sien stap,” vertel Naidu. “Toe hulle die polisie gewaar, het een van die mans rondgekyk en in ʼn ander rigting begin loop.”

Die polisie het hom agternagesit en op ʼn kerkperseel vasgekeer. “Hulle het die onmiddellike omgewing deursoek en ʼn .38-rewolwer gekry naby waar hy aangekeer is,” sê Naidu.

Die 25-jarige verdagte is in hegtenis geneem en word aangekla van die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

Sowat drie uur later, omstreeks 12:15, was beamptes op patrollie in Kwanoxolo, in dieselfde omgewing, toe hulle ʼn bekende bendelid gewaar. Dié man het begin hardloop toe hy die polisie voertuig sien, vertel Naidu.

Die polisie het hom te voet agternagesit en in ʼn huis gekry, waar hy weggekruip het. “Hulle het die huis deursoek en ʼn 9 mm-vuurwapen in ʼn kamer gekry,” sê sy. “Hy is in hegtenis geneem en ook van die onwettige besit van ʼn vuurwapen aangekla.”

Albei verdagtes sal binnekort in Port Elizabeth se landdroshof verskyn.

Genl.maj. Thembisile Patekile, bevelvoerder van die Mount Road-polisiegroepering, het die beamptes geprys vir hul flinke optrede. “Ons sal volhard in ons doelgerigte pogings om misdadigers aan te keer wat misdaad met vuurwapens pleeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Santjie ·

Nooit!! Ek het nie geweet dis so belangrik om op onwettige wapens beslag te le nie….

Landi ·

Ek kry die idee, dat daardie twee outjies en die onwettigge vuurwapens, net n druppel in die emmer is. Darm twee minder in die sisteem.

Alida ·

Korrupte SAPD lede deel die wapens uit. LW ek bedoel korrupte lede nie almal nie.

AW ·

For Those whom have No Understanding- Nor an Appreciation of the Workings of the Police, Please read the following books…..and “see” how continious “Restructering” and constant Political Interference has contributed to the police’s “disfunctional ability” to Police South Africa within Primary, Secondary, and Tertiary Crime Prevention and to Fulfill its Constitutional Mandate within Cohesion with the other Role Players within the Criminal Justice System.

A Country At War With Itself – South Africa’s Crisis Of Crime (Antony Altbeker)

The Dirty Work Of Democracy (Anthony Altbeker)

Thin Blue: The Unwritten Rules Of Policing (Jonny Steinberg)

Behind The Badge – The Untold Stories Of South Africa’s Police Service Members (Andrew Faull)

Lets Agree to Disagree on verious matters and still respect each other !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.