Volgens Emer-G-Med-ambulansdienste, is hulle omstreeks 21:00 na die winkelsentrum ontbied. Die brand het in die lugverkoelingskamer uitgebreek en is met brandblussers onder beheer gebring. Die brand het nie na ander dele van die sentrum versprei nie.
Twee veiligheidswagte is op die toneel vir rookinaseming en ligte brandwonde behandel. Die Johannesburgse brandweer het die brand geblus. Die presiese oorsaak en die omvang die skade is nog nie bekend nie.