Twee beseer in brand by Jhb-winkelsentrum

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

Twee mense is beseer in ʼn brand Vrydagaand by die Fourways Mall in Johannesburg.

Volgens Emer-G-Med-ambulansdienste, is hulle omstreeks 21:00 na die winkelsentrum ontbied. Die brand het in die lugverkoelingskamer uitgebreek en is met brandblussers onder beheer gebring. Die brand het nie na ander dele van die sentrum versprei nie.

Twee veiligheidswagte is op die toneel vir rookinaseming en ligte brandwonde behandel. Die Johannesburgse brandweer het die brand geblus. Die presiese oorsaak en die omvang die skade is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.