Twee beseer in brand by KFC in Pinetown

Brandbestryders op die toneel in Shepstoneweg in New Germany, Pinetown in KwaZulu-Natal Foto: Netcare 911 (28 November 2014)

Brandbestryders op die toneel in Shepstoneweg in New Germany, Pinetown in KwaZulu-Natal Foto: Netcare 911 (28 November 2014)

Twee mense het Vrydagmiddag ernstige beserings opgedoen na ʼn brand by die KFC in New Germany, Pinetown in KwaZulu-Natal.

“Omstanders moes die persone uit die brandende gebou sleep,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die persone het reeds op die grond in die parkeerterrein gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het.”

Die persone is vir rookinaseming behandel en na ʼn hospitaal in Durban geneem vir verdere behandeling.

Dit is nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie. Die polisie stel ondersoek in.

Die KFC is in Shepstoneweg geleë.

Paramedici op die toneel in Shepstoneweg in New Germany, Pinetown in KwaZulu-Natal Foto: Netcare 911 (28 November 2014)

Paramedici op die toneel in Shepstoneweg in New Germany, Pinetown in KwaZulu-Natal Foto: Netcare 911 (28 November 2014)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Moenie verbaas wees …. Geen wonder polisie was eerste op toneel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.