Twee persone is beseer tydens ʼn helikopterongeluk Dinsdagmiddag in ʼn veld naby Swartkoppiesweg in Brackendowns, suid van Johannesburg.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die klein wrak van die helikopter op die toneel aangetref. “Twee persone het op die toneel rondgeloop. Paramedici het die twee persone ondersoek en bevind hulle het matige beserings opgedoen.”
Meiring het bygevoeg daar was nie enige ernstige of noodlottige beserings nie.
“Die pasiënte is behandel en is daarna na ʼn nabygeleë privaat hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Verdere besonderhede is nie dadelik beskikbaar nie.
Wees dankbaar. Dit kon baie erger gewees het. Sterk gou aan.
My vriend se seun,ons bid vir hele familie.
Dis hartseer laat ER24 die storie vat en dat hulle niks se dat n kleiner maatskapy die mense behandel het en ook na n hospiaal geneem het nie. dat die kleiner maatskapy baie goeie diens verskaf in alberton omgewing maar ER 24 altyd die storie wil vat. So ek sal van my kant af se baie DANKIE aan National Paramedical Services en maponya vir julle puik diens op die toneel.
Alweer ‘n Robinson R-reeks verskonimg vir ‘n “chopper”