Twee beseer in JHB-vliegtuigongeluk

Twee mans is op 13 September 2014 beseer in 'n vliegtuigongeluk op die Springs-vliegveld in Gauteng Foto: Netcare 911

Twee mans is op 13 September 2014 beseer in ‘n vliegtuigongeluk op die Springs-vliegveld in Gauteng Foto: Netcare 911

Twee mans, in hul 40’s, is Saterdagoggend beseer toe hul ligte vliegtuig by die Springs-vliegveld neergestort het.

“Die wrak van die vliegtuig was langs die aanloopbaan,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Een van die mans was in ʼn kritieke toestand en die ander man het ernstige beserings opgedoen.”

Al twee pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die is nog nie duidelik of die mans op pad was om op te styg of te land nie. “Die burgerlike lugvaartowerheid sal die ongeluk ondersoek,” het sy bygevoeg.

Steinmann sê paramedici is tans ook op die toneel van ʼn vliegtuigongeluk by Alicedale in die Oos-Kaap. Meer besonderhede volg.

In ʼn derde vliegtuigverwante voorval is ʼn man Vrydag kritiek beseer toe sy ligte vliegtuig naby Witsand in die Wes-Kaap neergestort het. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.