Twee beseer in ligtevliegtuig-ongeluk

ER24 se Oneplan- mediese helikopter (Foto: ER24)

Twee mans is Saterdagoggend beseer tydens ʼn ligtevliegtuig-ongeluk in ʼn natuurreservaat in Rustenburg.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is kort ná 09:00 na die toneel ontbied.

“Die twee mans is buite die vliegtuig aangetref. Een van die mans het ligte tot matige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die tweede man het matige tot ernstige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë stasie geneem waar ER24 se Oneplan- mediese helikopter hom na ʼn hospitaal geneem het,” het Vermaak gesê.

Albei mans is in ʼn stabiele toestand.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het in die Pilanesberg plaasgevind. “Volgens berigte van die toneel het die twee die park gepatrolleer toe die ongeluk plaasgevind het.”

Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris Ws ·

Baie bly albei leef.Sterke met jul herstel.Mag julle albei volkome herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.