Twee beseer in ontploffing by laerskool

Nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

Nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

Twee vroue is Donderdagoggend in ʼn ontploffing by ʼn laerskool in Durban beseer.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê nooddienste is omstreeks 08:00 na die laerskool in Mayville ontbied.

“Die twee vroue was in ʼn kombuis by die laerskool besig toe ʼn brand uitgebreek en ʼn ontploffing veroorsaak het,” het Jamieson gesê.

Die vroue het geringe tot matige beserings tydens die ontploffing opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn plaaslike kliniek geneem vir verdere behandeling.

Die brandweer het die brand onder bedwang gebring voordat dit na ander geboue kon versprei.

Die oorsaak van die brand is onbekend en word ondersoek.

Nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

Nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wat-ek-lees ·

Mens moet die dreadlocks maar vasmaak agter die kop sodat dit nie kan vlamvat . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.