Twee beseer in skietery in Randburg

(Argieffoto)

Twee mans is Maandagoggend beseer tydens ʼn skietvoorval in Windsor, Randburg in Gauteng.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die skietery het op die hoek van Louise en Judgesrylaan plaasgevind. “Paramedici het omstreeks 11:00 by die toneel opgedaag. Plaaslike owerhede was reeds op die toneel.”

ʼn Wetstoepassingsbeampte en die manlike bestuurder van ʼn vragmotor, wat agter sy voertuig gelê het, is in die voorval gewond.

“Paramedici het die mans ondersoek en bepaal die beampte het ʼn skietwond in sy bobeen opgedoen. Die vragmotorbestuurder is in die skouer getref.”

Die mans is na ʼn nabygeleë privaat hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.