Twee beseer in vliegongeluk in Vaaldriehoek

Paramedici op die toneel in Windson, Vanderbijlpark. (Foto: Netcare 911)

Twee mense het ernstige beserings opgedoen toe ’n ligte vliegtuig Sondag in Windson in die omgewing van Vanderbijlpark neergestort het. Dié gebied is langs die Vaal rivier geleë.

Daar word vermoed dat die vliegtuig teen oorhoofse kragdrade vasgevlieg het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is teen 15:10 na die toneel ontbied, waar hulle by hul aankoms twee beseerdes en die wrak van ’n ligte vliegtuig aangetref het.

Die vliegtuig het volgens Herbst aansienlike skade opgedoen nadat dit na bewering die kragdrade getref het.

’n Man en vrou is op die toneel behandel voordat die man met ’n helikopter van Netcare 911 na ’n hospitaal gevlieg is vir mediese behandeling.

Die vrou is na ’n plaaslike hospitaal vervoer.

Maroela Media het Maandagoggend ’n navraag aan die Burgerlugvaartowerheid (BLO) gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Belinda ·

net n vraag… hoekom het hulle so laag gevlieg in elk geval? Hulle moes seker van die moontlike gevare geweet het?

Nozi ·

Belinda daar kon dalk iets fout gegaan het met die vliegtuig se engin en kon dalk hoogte begin verloor het. Dit is glad nie onmoontlik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.