Twee beseer in vliegongeluk

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

Twee mans is beseer nadat hulle ligte vliegtuig Saterdagoggend langs die R59 naby Henley-on-Klip, Meyerton neergestort het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, het gesê die vliegtuig het in ʼn veld langs die pad neergestort. Twee mans het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.