Twee beseer na gebou ineenstort

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

Twee mans is beseer nadat ‘n gebou Maandagoggend in Midrand ineengestort het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê een van die mans het ernstige beserings opgedoen. Die mans is op die toneel behandel voor hulle ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Steinmann sê paramedici is omstreeks 2:00 Maandagoggend na Halfway House in Ou Pretoriaweg ontbied waar die voorval plaasgevind het. “Dit was ‘n enkelverdieping-gebou. Ons is nie seker of dit ‘n sakeperseel is nie aangesien die hele gebou ineengestort het.”

Steinmann sê die oorsaak word ondersoek deur polisielede en brandbestryders wat op die toneel was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.