Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê een van die mans het ernstige beserings opgedoen. Die mans is op die toneel behandel voor hulle ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.
Steinmann sê paramedici is omstreeks 2:00 Maandagoggend na Halfway House in Ou Pretoriaweg ontbied waar die voorval plaasgevind het. “Dit was ‘n enkelverdieping-gebou. Ons is nie seker of dit ‘n sakeperseel is nie aangesien die hele gebou ineengestort het.”
Steinmann sê die oorsaak word ondersoek deur polisielede en brandbestryders wat op die toneel was.