Twee beseer na Kempton Park-skietery

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Twee persone is Vrydagmiddag tydens ʼn skietery in Witfontein, Kempton Park aan die Oos-Rand beseer.

“Die twee persone het langs die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Een van die persone was in ʼn kritieke toestand en is met ʼn helikopter na ʼn privaat hospitaal in Johannesburg geneem.”

Volgens Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, is die man 42 jaar oud. Hy is glo in die bors geskiet.

Meiring het gesê die tweede man het slegs geringe beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel en na die Aarwyp-kliniek geneem.

Die verkeer is ontwrig toe ʼn gedeelte van die pad gesluit moes word sodat die helikopter kon land.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.