Twee beseer toe hulle by waterval afval

Voorval by Karkloof-valle (Foto verskaf deur Netcare 911)

Twee persone is beseer toe hulle by die Karkloof-valle in die KwaZulu-Natalse Middellande geval het.

Paramedici is omstreeks 16:00 na die toneel ontbied, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “ʼn Man en ʼn vrou, albei in hul 30’s, het by die klein waterval afgeval. Albei pasiënte is uit die water gehaal deur ʼn lid van die publiek wat hulle sien val het.”

Die man het ernstige beserings opgedoen en die vrou het matige beserings opgedoen. “Albei is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die betrokke owerhede was op die toneel om verder ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.