Twee mans, in hul 50’s, het Donderdagmiddag ernstige beserings opgedoen toe hulle naby die Langlaagte-stasie, in die suide van Johannesburg, uit ʼn bewegende trein geval het.
Die mans het ongeveer 500 m van die platform af gelê toe paramedici van ER24 by die toneel opgedaag het. Albei was in ʼn ernstige toestand en het verskeie beserings aan hul bene opgedoen. Die pasiënte is na nabygeleë hospitale geneem vir dringende behandeling.
Dit is nog nie duidelik wat tot die voorval gelei het nie.
© RDM News Wire
Hoe val mense net uit ‘n trein uit?
Sal ek ook graag wil weet, Martin
Hierdie treine is dikwels oorvol; die deure kan dan nie toemaak nie en baie mense hang by die deure uit. Nog erger: ‘n klomp van die mense hou dikwels voor aan die trein vas!